advertisement
Question
Posted by: HELP!!!! | 2010/09/07

Kopseer

Hallo Dokter

Wat kan fout wees met my?

My nek is seer en styf (net aander regterkant) en smeer elke aand Deepheat in en masseer dit bietjie.
Saam met dit gaan slaap ek met die hoofpyn en raak weer wakker met hom.
Het ''n bloeddruk apparaat - BP 135/85
Dit voel asof daar ''n spier vanuit my nek (regterkant) trek, reg oor my kop en dan steek die pyn in my slaap (regterkant)
Agter my kop daar waar my nek ophou en skedel begin, aan die regterkant is die " knop op die skedel"  opgeheuwe en seer.
Ek drink my versot aan spier verslappers, want dis al wat werk, tot gister toe.
EK het bietjie gaan stap om my spiere te laat ontspan, toe begin dit bokant my oë  pyn - soos sinus pyne.
Ek is nou al keelvol vir kopseer en die dokters kan nooit vir my sê  wat dit is nie.

Help asb. indien moontlik.

PS. Ek drink soggens 2 x Oxiprovin  1 x Relislim  1 x Marvelon, plus eks op ''n dieë et en ek eet elke oggend ontbyt. Ek drink baie water en slegs 2 bekers koffie. Ek het al die pille gelos, maar die hoofpyne is nogsteeds daar - wat vir my sê  dit kan nie dit wees nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo HELP
Dit klink vir my of jy 'n "triggerpoint" in jou nek spier het. As die spier te erg in 'n spasma gaan maak dit 'n knop wat nogal seer is as jy daarop druk. Pille help nie meer op hierdie stadium nie, maar fisioterapie doen wonders. Hulle behandel die triggerpoints met massering, hitte, inteferensie en dry needling. Mens se nekspiere heg aan die skedel vas - spasma sit chroniese traksie op die skedel en verwysde pyn na die slape en voorkop. (kyk die prentjie http://drtouchinsky.files.wordpress.com/2010/03/anatomy-posterior-head-neck.gif)
Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/06/21

Hi wil graag hoor wat fout kan wees .... My man kla gedurig van n steekpyn in sy kop (bo-op aan die linker kant ) en ek begin regtig bekommerd raak want dit gebeur nou al meer dikwels... ASB enige aanduiding wat dit kan wees

Reply to Anonymous
Posted by: MourmoUrf | 2011/02/11

Reply to MourmoUrf
Posted by: Mabsawavy | 2011/02/05

Reply to Mabsawavy
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/07

Hallo HELP
Dit klink vir my of jy 'n "triggerpoint" in jou nek spier het. As die spier te erg in 'n spasma gaan maak dit 'n knop wat nogal seer is as jy daarop druk. Pille help nie meer op hierdie stadium nie, maar fisioterapie doen wonders. Hulle behandel die triggerpoints met massering, hitte, inteferensie en dry needling. Mens se nekspiere heg aan die skedel vas - spasma sit chroniese traksie op die skedel en verwysde pyn na die slape en voorkop. (kyk die prentjie http://drtouchinsky.files.wordpress.com/2010/03/anatomy-posterior-head-neck.gif)
Sterkte!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement