advertisement
Question
Posted by: Lana | 2009/01/20

Kopluise

Hi Dok

Het Sondag met ' n skok ontdek my dogter van 9 het kopluise. Het haar behandel met Controlice wat ons oornag aangelos het. Ek het toe gister probeer om al die nete uit te kam. Ek het vandag weer deurgegaan en ek kon nie nete vind nie. Sy het ' n rooi uitslag agter haar nek vandag wat jeuk. Kan ek dit behandel met kortisoon salf?

Ek moet nou weer na 7 dae die Controlice aanwend en sal elke dag die kop deurgaan vir nete. Watter ander raad het dokter wat ek dalk kan volg om suksesvol van hierdie pes ontslae te raak.

Groete,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lana
Relax - sy gaan dit waarskynlik nog 'n paar keer by die skool optel! Ek het gevind as mens eers van die luise ontslae is, help dit om Paraspray liggies bo-oor die hare te sprei om herinfeksie te voorkom. Laat sy haar gesig toehou met 'n handdoek dat dit nie op die vel kom nie. Pasop tog net, al hierdie luis medisynes word deur die vel opgeneem en kan hulle siek maak as mens dit te lank aanlos. Mens moet altyd die gebruiksaanwysings tot die letter volg. En moet nooit ooit Doom of so iets op hulle koppe spuit nie, hulle kan regtig dodelik siek word daarvan!
Spoel hare af met 'n oplossing van 1/2 koppie asyn op 2 liter water en gebruik die fyn kammetjie om stukkie vir stukkie uit te kam (gebruik conditioner na jy gewas het anders is dit 'n nagmerrie!)
Sien ook http://kidshealth.org/parent/infections/common/lice.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: wetta | 2013/11/01

Ek het n 3 jarige krulkop dogtertjie, luise is n vet naarheid. Die mamma is raadop.. boere raad asseblief..

Reply to wetta
Posted by: wetta | 2013/11/01

Ek het n 3 jarige krulkop dogtertjie, luise is n vet naarheid. Die mamma is raadop.. boere raad asseblief..

Reply to wetta
Posted by: Ook Raadop | 2009/05/01

Beste raadop
Elke keer as ek so moedeloos raak in die stryd teen kopluise, lees ek jou kommentaar. Dan giggel ek so (al weet ek dit is glad nie snaaks nie) dat ek weer krag kry om die peste te bestry. Ons het ook al baie produkte probeer - olie en asyn, Tea trea produkte, Para-lice spray (nogal die plus een) en controlice. Net gedink die plaag is onder beheer, toe begin ons weer van voor af. Moet sê  ek verdink die stoele in die flieks - ons krap elke keer wanneer ons daar gaan sit, en kam goggas uit die volgende dag..........
Na die controlice lyk dit darem of die saak onder beheer is. Sterkte verder..............
Ook Raadop

Reply to Ook Raadop
Posted by: Janita | 2009/03/30

My ma en pa hey n meisie in pleegsorg geneem. Sy is 13 jaar oud en het ook luise gehad maar nou sukkel mu ma om die nete uit te kry. Sy het nogal baie dik hare en wat op haar skouers hang. Ons is regtig raad op. My ma het dit probeer uitkam maar die meisie het haar oe uitgehuil want sy is kleinseerig. Het enige iemand dalk iets wat ons kan probeer.

Reply to Janita
Posted by: ellie | 2009/03/19

Ek het van tyd tot tyd n uitslag op my hande wat vreeslik jeuk, ek moet dit in warm water sit sodat dit moet ophou jeuk, ek het al gegaan vir hoeveel bloedtoetse maar die dr kan niks verkeerd sien nie. Dit begin met klein blasies op my duim en wysvingers, dan word die knoppe al groter en dit jeuk almeer, partykeer is dit so erg ek kan nie my hande gebruik nie want die sere swel en my vingers word seer. Ek het al soveel allergie en antibiotikas gedrink maar dit werk nie. Ek is raadop en hoop u kan my raad gee. My ma se dit kan die siekte roos wees want my ouma het iets soortsgelyk gehad. Asb HELP HELP HELP

Reply to ellie
Posted by: Johnny | 2009/03/05

Dr Bets my seun sukkel met n rooi vel uitslag wat van tyd tot tyd op sy vel uitslaan. dit is ' n rooi uitslag wat volgens hom verskriklik jeuk en brand dit kom op enige plek op sy lyf uit huidiglik is dit weer op sy hande en arms asook dele van sy rug dit word ook groter en veroorsaak baie ongerief. Gee asb raad wat kan hy aan smeer om dit te stop? Dit is nou al ' n paar jaar wat dit so aangaan. Hy is nou dertig jaar oud. Help asb groete Johnny

Reply to Johnny
Posted by: Clovie | 2009/03/03

Ek het gister met ' n skok ontdek dat my kleinding dit ook het. Die haarsalon het QUEDELLA aanbeveel. Ek het haar hare 1 keer daarmee gewas - gisteraand 2 keer gekam met fyn kammetjie en vanoggend 1 keer met fyn kammetjie. AL die nete en luise is uit. Die apteker by wie ek die shampoo gekoop het het gese ek moet haar hare 3 dae in ' n ry daarmee was dan behoort alles weg te wees. Dit ruik vreeslik erg maar glo my dit werk soos ' n bom. Ek het ook gister in my hare gehad en vandag is alles uit en ek het my hare 2 keer daarmee gewas. Gaan my hare en haar hare nog vannaand en more aand daarmee was en daarna 1 keer ' n week. My dogtertjie se hare het nog so 8 cm om te groei dan hang dit op haar boude. Van baba tyd af pas ek haar hare op en behandel dit 1 keer ' n week met goeie shampoo en ' n masker. Ek is baie erg op haar hare en kan nie die nete en luise verdra nie. So ek gaan stick by die Quedella. Dit is baie skars so as jy dit by die apteek kry koop meer as 1 bottel ek het die laaste een gisteraand gekoop en het 3 apteke al gebel en daar is net nie voorraad nie. STERKTE

Reply to Clovie
Posted by: Raadop | 2009/02/28

Ek is regtig raadop.

Ons het alles al probeer. Enige moontlike produk op die rak, Tea Tree olie, parafien, peroksied, citronella olie, Doom, Mayonaisse, Domestos, Handy Andy, Tobasco sous, Asyn, Vodka, Brandewyn, Rum, Whiskey, die elektroniese ' skok'  luiskammetjie. Ek het al menige kere met die fyn kammetjie gesit en luise uitgekam en enige oorblywende nete vir ure lank gesit en neet vir neet met my naels uit die hare getrek en elke dag met n haar stryker die hare gestryk, (uit die hoop dat die nete nie die hitte sal oorleef nie).
Ongelooflik watter rate mense al mildelik met groot selfvertroue vir my uitgedeel het, en ek het slaafs elke raat gevolg....
Maar, sy het nog altyd kopluise.

Ek is op die punt om my dogtertjie se hare met n knipper af te skeer. Die probleem is, sy is 6 jaar oud, in Graad 1 en sy doen ballet. Die vernedering sal vir die kind te groot wees.

My suster sit al 11 jaar met die probleem op haar dogter van 15 se kop. Mensig! Sy het al swembad chloor op die arme kind se kop gesit! ( Ook n goedige tante se raat) - geen resultate, behalwe n kind met n hewige (tydelike) skilferprobleem omdat dit kopvel brand, maar die luise vrek nie!!

Nou vra ek jou, dokter, wat anders kan mens doen?

Dis net vir my ongelooflik hoe ander mense ontslae raak van die probleem, maar ek sukkel my dood, ten spyte van alle voorsorg wat ons tref. Selfs die beddegoed in die hele huis word elke 2de dag gewas en met n vuurwarm yster gestryk.

Ek het die siklus bestudeer, maar dit maak nie saak hoe gereeld jy behandel om luise dood te maak sodat die siklus gebreek kan word nie - luis se kind bly sit!

So kan dit nie aangaan nie, kan iemand my asseblief help?

Reply to Raadop
Posted by: Patat | 2009/01/20

My dogtertjie is ook amper 9 jaar oud en het ek dieselfde probleem so 3 jaar terug gehad. Ek het als probeer, en al wat gewerk is om die hare met parafien af te spoel, en dan onmiddellik met lou water. Ek het my kind sommer in die bad laat sit met ' n swart sak oor die klere. Daarna moet jy Tea Tree Oil in die conditioner gooi wat sy elke keer gebruik. Net so paar druppels in die bottel. My kind het nog nooit weer luise gehad nie, al het haar maats dit. Blykbaar is die Tea Tree Oil ' n natuurlike insekweerder en ook antibiotika.

Reply to Patat | 1 comment (hide)
Posted by: wetta | 2013/11/01

Ek het ook n krull kop dogtertjie van 3 wat ook luise het, dis net een vet naarheid, boere raad asseblief mense.. die mamma is raadop.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement