advertisement
Question
Posted by: Celeste | 2012/03/07

Koorsblare

Hi Dok

Ek kry van kleins af koorsblare in my mond, maar oor die afgelope 2 jaar het hierdie uitbrake vermeerder. Ek kry maklik 7-8 van dierdie sere in my mond op ''n slag en dit vat weke om weer te genees. Net soos die een gesond word kry ek die volgende een en die laate aanval het 9 weke aangehou.

Kan hierdie sere verband hou met my dieet? Sou dit bv help om ''n dieetkundige hieroor te gaan sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Celeste
Ek is jammer om te hoor dat jy so sukkel met koorsblare in jou mond. Die sere word deur die sg. herpes virus veroorsaak en word deur spanning uitgelok en ook vererger. Ek sal voorstel dat jy 'n Dermatoloog spreek oor die behandeling van die koorsblare aangesien onmiddellike inname van antivirale medikasies (bv. Zovirax) sodra jy die eerste klein prikkel voel, die voorkoms van die sere baie kan verminder en die genesing baie kan verbeter. Wat jou dieet aanbetref, sal dit help om 'n goed gebalanseerde dieet in te neem met volop groente en vrugte plus omega-3 vetsure om jou immuunstelsel te stimuleer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/03/07

Beste Celeste
Ek is jammer om te hoor dat jy so sukkel met koorsblare in jou mond. Die sere word deur die sg. herpes virus veroorsaak en word deur spanning uitgelok en ook vererger. Ek sal voorstel dat jy 'n Dermatoloog spreek oor die behandeling van die koorsblare aangesien onmiddellike inname van antivirale medikasies (bv. Zovirax) sodra jy die eerste klein prikkel voel, die voorkoms van die sere baie kan verminder en die genesing baie kan verbeter. Wat jou dieet aanbetref, sal dit help om 'n goed gebalanseerde dieet in te neem met volop groente en vrugte plus omega-3 vetsure om jou immuunstelsel te stimuleer.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement