advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2009/08/25

Koorsblaar..MOEDELOOS..DR help asb?

Ek het verlede jaar vir die eerste keer in my lewe ' n koorsblaar gekry en intussen het ek hier die jaar in Mei maand een gehad en ook in Julie..het toe ZELITREX virale pille 500mg wat ek 2x per dag gedrink het vir 5 dae het die 3de Augustus daarmee klaar gemaak..
VANDAG voel dit asof EK WEER EEN GAAN KRY OP DIESELFDE PLEK..?
Wat kan ek nog doen om dit te verhoed..?
Weet die ou mense se Engelse sout want dit maak die " bloed skoon" ..?
Weet nie wat om aan te sit nie..het al salf soos ACITOP aan gesit sodra ek vermoed dat daar ' n koorsblaar oppad is..
DIT HELP NIE..?
WAT KAN EK DOEN OM DIT GOU TE KEER..?
WAAROM KRY EK DIT NOU SO BAIE..?
Ek drink soggens Vit-T-Go en soms Supradyn..
Help my asb ek is moedeloos..!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Michelle
Dis 'n virus infeksie en soms is dit nodig om meer as een kursus Zelitrex te gebruik - verkieslik binne 24 uur dat die koorsblaar uitkom. Jy kan ook Virobis room opsmeer sodra jy begin simptome kry. Dit het niks met "vuil" bloed te doen nie - die virus lê dormant in 'n senuwee en as jou gestel af is of jy is gestress word dit geaktiveer.
Sien ook http://dermnetnz.org/viral/herpes-simplex.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Elzaan | 2016/01/05

Mort ek die blasie wat die koorsblaar form oopmaak?

Reply to Elzaan
Posted by: B | 2009/08/25

Ek vind Lysine aanvullings help my baie en maak seker dat jy sonskerm op jou lip sit. En jy moet iets soos Activer opsit die oomblik as jy die tingle voel, anders help dit nie regtig nie.

Die ander ding is maak seker dit is ' n koorsblaar en nie Impetigo nie. Ek het vir weke ' n ' koorsblaar'  probeer regdokker om uit te vind dit is nie ' n koorsblaar nie maar ' n bakteriele infeksie. As die ' crust'  geel word is dit Impetigo en jy sal bactroban en antibiotika nodig he.

Voorspoed

Reply to B
Posted by: Zee | 2009/08/25

Hi, ek weet presies hoe jy voel. Wat vir my help is die volgende:-
1.Ek dra ALTYD Sunblock op my mond. Die son lyk my help koorsblare aan.
2. Ek gaan elke 3 maande vir ' n reeks VIT B CO inspuitings.
My dogter vlieg vir ' n lugdiens in Saudi Arabie en hulle mag onder geen omstandighede werk met koorsblare nie. Sy het dit ook altyd gereeld gekry. Sy volg nou my raad en het 3 jaar laas een gehad.
Ek hoop dit help.

Reply to Zee
Posted by: Zee | 2009/08/25

Hi, ek weet presies hoe jy voel !!
Wat vir my help is die voolgende:

1.

Reply to Zee

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement