advertisement
Question
Posted by: Toekie | 2008/09/10

Koorsblaar-virus behandeling

Ek het die afgelope 20 jaar baie las van die koorsblaar- virus (herpes tipe 1- virus). Dit kom voor as my weerstand laag is en ek drink tydens ' n aanval Zellitrex-tablette, want dit is al wat regtig help. Ek kry die sere baie erg binne in my mond en op my tong asook op my lippe.
Graag wil ek weet of daar nog nie ' n " entstof"  beskikbaar is teen die virus behalwe die Zellitrex of Virohexal wat ek tans gebruik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Toekie
Nee daar is nie 'n entstof teen koorsblare nie. Deesdae gee ons maar antivirale middels soos Zelitrex. Daar is 'n boereraat dat polio entstof teen koorsblare help maar dit word nie eers deur dieselfde virus veroorsaak nie, so ek weet nie hoe goed dit regtig werk nie. Spirits of campher help om dit vinnig uit te droog.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement