advertisement
Question
Posted by: Celeste | 2010-09-13

Koolhidrate

More Doc.
1. Wat val alles onder gesonde koolhidrate? (Carbs.)
2. My stoelgang is soos klein golfballetjies, enige raad asb.
3. 8h00: Pomelo,rosyne
10h00: 2 eetlepels Allbran,halwe teelepel oatbran
13h00: vis,lewer met slaai of groente
15h00: appel,yog,bran
18h00: weer prot. met groente OF pasta,aartappel
Wat doen ek verkeerd?
Hulp sal opreg waardeer word. DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Celeste
Gesonde koolhidrate is algemeen gesproke koolhidrate met 'n hoë veselinhoud (m.a.w. of grane wat nie gesif of verfyn is nie, of groente en vrugte, beide vars en gedroog). As jy aan hardlywigheid ly, klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Food as Medicine' en lees die 'Healthy colon' afdeling. Dit is veral belangrik om onoplosbare vesel (ongesifte grane soos jou All-Bran, hawermout en koringsemels, heelgraanbrood of -beskuitjies) en droë vrugte (veral pruime en appelkose) te eet. Daarbenewens help dit om goeie mikroörganismes soos Bifidoflora (koop by gesondheidswinkels) elke dag te neem. Oefening soos flink stap vir 30 minute per dag kan ook help. Sorg dat jy oor die dag 2,5 liter vloeistof inneem (water, melk, tee, koffie, vrugtesap, ens) want dit help die vesel om op te swel en dermbewegings aan te moedig.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-09-13

Beste Celeste
Gesonde koolhidrate is algemeen gesproke koolhidrate met 'n hoë veselinhoud (m.a.w. of grane wat nie gesif of verfyn is nie, of groente en vrugte, beide vars en gedroog). As jy aan hardlywigheid ly, klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Food as Medicine' en lees die 'Healthy colon' afdeling. Dit is veral belangrik om onoplosbare vesel (ongesifte grane soos jou All-Bran, hawermout en koringsemels, heelgraanbrood of -beskuitjies) en droë vrugte (veral pruime en appelkose) te eet. Daarbenewens help dit om goeie mikroörganismes soos Bifidoflora (koop by gesondheidswinkels) elke dag te neem. Oefening soos flink stap vir 30 minute per dag kan ook help. Sorg dat jy oor die dag 2,5 liter vloeistof inneem (water, melk, tee, koffie, vrugtesap, ens) want dit help die vesel om op te swel en dermbewegings aan te moedig.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.