advertisement
Question
Posted by: Diana | 2010/01/19

Koolhidrate

Dr, wat is fout met my - ek " crave"  koolhidrate en hoef nooit iets anders te eet nie! Onnodig om te sê  my gewig wys dat ek te veel koolhidrate eet. Is daar iets fout met my omdat ek so lus bly vir koolhidrate? Suiker kry tweede plek. baie dankie vir jou hulp aan almal van ons wat jou so peper met die vrae.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Diana
Kosgiere soos 'n drang om koolhidrate te eet, dui gewoonlik op 'n tekort aan serotonien ('n chemikalie wat in die brein voorkom) en/of onvoldoende inname van koolhidrate om jou energiebehoeftes te bevredig. Soos ek so pas vir die vorige leserin (Lebo) gesê het, koolhidrate het 'n lae energie-inhoud en dit is gewoonlik die vette wat ons by koolhidrate voeg soos botter, margarien, mayonnaise, smere, suur-room, ens, ens, wat ons energie-innames opstoot. Dit sal dalk help as jy probeer om te konsentreer op koolhidrate met 'n hoe veselinhoud en 'n lae glisemiese indeks (GI). Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Indien jy steeds sukkel om gewig te begin verloor nadat jy 'n lae-vet, lae-GI dieet vir 'n maand gevolg het, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/01/19

Beste Diana
Kosgiere soos 'n drang om koolhidrate te eet, dui gewoonlik op 'n tekort aan serotonien ('n chemikalie wat in die brein voorkom) en/of onvoldoende inname van koolhidrate om jou energiebehoeftes te bevredig. Soos ek so pas vir die vorige leserin (Lebo) gesê het, koolhidrate het 'n lae energie-inhoud en dit is gewoonlik die vette wat ons by koolhidrate voeg soos botter, margarien, mayonnaise, smere, suur-room, ens, ens, wat ons energie-innames opstoot. Dit sal dalk help as jy probeer om te konsentreer op koolhidrate met 'n hoe veselinhoud en 'n lae glisemiese indeks (GI). Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Indien jy steeds sukkel om gewig te begin verloor nadat jy 'n lae-vet, lae-GI dieet vir 'n maand gevolg het, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.