advertisement
Question
Posted by: Elena | 2010/11/11

Konstante pyn vir ''jaar

Ek het lyfpyne begin kry wat progressief erger word. Die pyn voel asof dit in my heupe, bene en arms is en dit is ''n brandpyn 24/7. Ek neem 30mg kortisoon, 50 mg Lyrica, 400 mg Tegretol en 25 mg Tryptanol per dag, maar het nog steeds die pyn. Wat beveel dr aan moet ek gebruik? Ana 1.180 en Leukocytosis wat wissel van 12 tot 19. Beenmurgbiopsie normaal so wel as al die ander bloedtoetse. Ek is wel positief getoets vir Herpes Simplex I en Epstein Barr. Die witbloedseltelling gaan dadelik af na IV antibiotika en styg dan weer. baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elena
'n Brandpyn is gewoonlik van senuwee oorsprong en jy is op die regte medikasie vir senuweepyn. Sien jy 'n rheumatoloog? Herpes en Ebstein Barr is albei virusse en behoort nie te reageer op antibiotika of jou witsel telling op te stoot nie. Jy het dalk erens 'n onderliggende infeksie wat nog nie opgetel is nie - het 'n internis al gekyk na longplate, sputum en urien monsters lab toe gestuur want so "onder die radar" infeksie is gewoonlik in die longe of niere?
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/15

Hallo Elena
'n Brandpyn is gewoonlik van senuwee oorsprong en jy is op die regte medikasie vir senuweepyn. Sien jy 'n rheumatoloog? Herpes en Ebstein Barr is albei virusse en behoort nie te reageer op antibiotika of jou witsel telling op te stoot nie. Jy het dalk erens 'n onderliggende infeksie wat nog nie opgetel is nie - het 'n internis al gekyk na longplate, sputum en urien monsters lab toe gestuur want so "onder die radar" infeksie is gewoonlik in die longe of niere?
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement