advertisement
Question
Posted by: Anne | 2011/09/21

Konstante hoes

Ek kry die afgelope 5 jaar elke winter longontsteking. Ek beland dan ook gewoonlik in die hospitaal. Ek het die afgelope Junie maand (na ek toe reeds deur 2 reekse antibiotika was) weer in die hospitaal beland. Ek het ook by ''n internis beland wat my gestuur het vir ekstrale en ''n CT scan. Volgens al die toetse was ek toe ook ''n asma lyer.En verder niks ernstig nie, bietjie tragiites. Ek is nou al van Junie maand af om die medikasie en HOES NOG STEEDS. Ek was laas week weer by die spesialis en hy het weer ''n longfunksie toets gedoen en die longe lyk beter en DR het vir my vertel dat ek Stemband-sindroom het. Ek het toe weer anti-biotika gerky en REFLUX medikasie. Dit is ''n week later en ek hoes steeds baie, dit het niks verbeter nie. Dis duisende rande later en my hoes is niks beter nie. Dit voel asof ek nie asem kry nie en iemand my keel toe druk.
Kan stemband-sindroom dit veroorsaak en hoe moet ek te werk gaan om beter te voel.

Ek hoop regtig u kan my help in die verband.. ek is moedeloos en brandarm agv hoes.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anne

Dit is moontlik dat stemband sindroom wel die oorsaak vir jou simptome is. Gebruik Gaviscon Plus 20ml, drie maal per dag voor etes en volg 'n dieet wat geen suur bevat nie. Indien jy oorgewig is, is dit baie belangrik om gewig te verloor. Lig jou koppenend van jou bed met ten minste 7cm.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement