advertisement
Question
Posted by: Cee | 2009/07/21

Konstante hardlywigheid?

Hallo Dok,

Ek het twaalf weke terug begin met die weighless dieet, en het al sover 13kg verloor. Ek het die dieet begin volg omdat ek vreeslik oorgewig is vir ' n vrou van 23 en omdat my gewrigte begin skade lei het. Die probleem is my maag en dermstelsel! Sowat ' n week gelede het ek vreeslik diaree gehad, ek het toe die fout gemaak en Betaperamide geneem om dit te stop. Ek het daarna hardlywig geword en het toe Dulcolax gebruik - nog ' n fout. Nou sit ek met ' n probleem. My universiteit klasse het verlede Maandag hervat en ek is onder geweldige stres. Aan die ander kant stres ek my dood oor my gesondheid want dit voel asof my maag nie meer vanself wil gaan nie. Ek het nou Fybolgel begin drink en pruimsap, maar dit veroorsaak net Diaree en net daarna is ek weer hardlywig. Ek wil nie elke dag die dinge gebruik nie want ek wil nie he my maag moet " verslaaf"  word aan die gewoonte om net te gaan wanneer ek iets neem daarvoor nie. Ek is bang Dok en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek het opgelees oor " lui kolone"  en is so bang dat dit die geval is. Ek kry nie meer daardie gevoel wat vir mens se dat jy moet gaan nie. Help my asb. Dit is besig om my lewe te ruineer.
Baie dankie xxx

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cee
Dit gebeur partykeer as mens dieet. Jy kan Duphalac ( Lactulose) met veiligheid gebruik - dit is 'n tipe suiker wat te groot is om opgeneem te word deur die derm en trek dan water in die derm in ( so al is dit baie soet sal dit nie jou dieet ruineer nie!) dit maak dan die stoelgang sag. Dit maak nie die derm lui nie en irriteer ook nie die derm nie. Jy kan ook 'n gliserien setpilletjie gebruik as jy 3 dae oorgeslaan het en niks gebeur nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement