advertisement
Question
Posted by: Doll | 2011/02/06

KONSTANTE DIAREE

Ek het ''n groot probleem met my maag. Ek het konstant diaree en dit is vir my ''n verleentheid. My maag gaan omtrent 6 keer per dag en dan is dit baie slymerig en dit is ''n loopmaag. Ek kan nie eens net slaai eet nie, 5 minute daarna moet ek vir ''n toilet hardloop. Dit raak regtig vir my ''n probleem want ek kan dit nie waag om te gaan inkopies doen nie want ek moet altyd sorg dat ek naby ''n toilet is. Ek is 49 en ek kan ook nie verstaan dat ek vet bly nie. Partymaal as ek ''n broodjie eet met saadjies op - 5 minute daarna gaan my maag en dan sien ek die saadjies. Sorry dat ek hierdie goed sê  maar my huisdokter sê  dis a.g.v. die glucophage wat ek drink. Ek drink dit nou eers vir 4 maande en my maag is seker al die afgelope 5 jaar so. Kan daar iets fout wees en is dit ''n rede om bekommerd te wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jou probleem MOET ondersoek word. Ek stel voor dat jy jou naaste hospitaal besoek en die besonderhede van 'n gastroenteroloog kry. 'n Gastroenteroloog spesialiseer in "maag probleme".

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement