advertisement
Question
Posted by: lee | 2008/12/01

Konstant siek / hardlywig

Goeiedag Dokter,

Ek het 4 maande gelede normaal gekraam en is al die adgelope 2 maande op die minerva pil. Ek het 4 weke gelede opgehou rook en van toe af is ek konstant siek. Dit het begin met hardlywigheid en griep, toe is dit sere in my keel (so groot soos R1 stukke!!). Die dr het amocil bd voorgeskyf asook movicol vir die hardlywigheid. Die antibiotika het nie gehelp nie en my sere het vererger. My apteker het voorgestel ek probeer mycostatin - werk soos ' n bom! Na 2 weke en 8 bottels mycostatin is ek beter!! Die movicol het NIKS vir die hardlywigheid gedoen nie (ek was altyd gereeld, ten minste elke 2de dag), ek het toe brooklax, senna en setpille probeer - geen uitwerking...
Na ' n kolonoskopie en gastroskopie (die pica prep het die ding heeltemal TE goed toe gedoen...) het die internis steeds niks fout gevind nie. Hy vermoed dat my pelvis vloer seergekry het tydens die kraam of dat my pil dalk die oorsaak is. Wel ek is nou al 1 week van die pil af en ek is nou weer gereeld (sal maar oorskakel na triphasil - my oorspronklike pil).

Nou het ek weer begin met griep, seer keel (nog geen sere in die keel nie), maar seertjies op my tong wat vrek seer is!!! Dit lyk soos klein puisietjies aan die kant van my tong en my tong lyk ook lelik en geirriteerd. Nou drink ek omtrent 15 000 mg vit c per dag, linctagon bruistablette, disprines, smeer bonjela aan die seertjies.

My vraag is - hoekom is ek konstant siek en wat kan ek gebruik wat my so gou as moontlik beter kan maak? Wat is die heel sterkste imuun booster wat daar is? Was die hardlywigheid dalk gekoppel aan minerva? En is hierdie siektes gekoppel aan die feit dat ek ophou rook het?

ASB - ek is raadop...

Baie baie dankie :-) :-) :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lee
Pasop vir sulke hoë dosisse Vit C - dit kanseleer jou voorbehoed pil uit!! En jy piepie dit als uit, jou liggaam neem net op wat hy nodig het, wat waarskynlik nie meer as 500 mg is nie - duur piepie!
Probeer Viral choice C of Moducare of Echinacea om jou immuniteit te boost. Kenalog in orobase werk soos 'n bom vir die seer plekke in jou mond. Vra jou dokter om jou witseltelling te doen, dalk het jy 'n immuun onderdrukking en hy moet ook kyk of jy nie lae yster het nie. Mens kan half griepsimptome kry na jy ophou rook maar dit behoort op te hou na week of twee. Moet asb nie weer begin rook nie, dis baie beter vir jou baba as jy nie rook nie. So ver ek weet gee Minerva nie hardlywigheid nie, maar mens weet nooit hoe dit met jou geakkodeer het nie, dit lyk of dit dalk 'n invloed gehad het? Volgende keer moet jy iets soos Sporanox probeer vir die sere in die keel - werk vinniger.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement