advertisement
Question
Posted by: Tweet | 2010-10-12

Konstant moeg

Hi dok

My probleem is dat ek konstant vaak is, nie moeg nie, vaak. Ek kan nie wakker bly nie. Ek is vroulik, 34 jaar oud en het 2 seuns van 3 jaar en een van 9 maande. Ek werk nie, het geen stress nie. Ek is wel gestremd met ''n kunsbeen, maar wil dit nie noem nie omdat dit glad nie ''n rol hier speel nie. Ek is nie baie besig nie maar het my dingetjies wat ek doen en waarheen ek moet ry en kry nie baie tyd vir lank stil sit en ontspan nie. Ek het die dokter gaan sien en laat bloed trek, die uitslae was alles normaal. Hemoglobien, witbloedselle, yster - alles normaal. Nou gaan ek more vir ''n Vit B - kombinasie inspuiting en kyk of dit nie wil help nie. Ek het vir my ''n multivitamien van Vital gekoop vir Mental and Physical Exaustion, maar dit help ook nie. Ek het Vita Thion probeer, en ek dink dit kan my dalk bietjie help, maar ek raak gou weer baie moeg. My dokter dink as die inspuiting nie gaan help nie moet ek maar ''n spesialis gaan sien. My dieet is ook nie die probleem nie. Ek het nie ander probleme soos migraine of siektes nie. As ek 2min by ''n stopstraat kans kry om my oe toe te maak sal ek, en vanmiddag toe ek ''n broodjie in die kombuis eet, toe doen ek dit toe oe, want ek is te vaak! Ek slaap baie goed in die nag, my baba sal 1 keer wakker word vir ''n bottel en hy slaap langs my in sy kot so dit is nie moeite vir my nie.

Ek is raadop, ek kan nie so funksioneer nie, ek kan niks doen nie want ek is te moeg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Hierdie dui aan 'n probleem met slaapgehalte. U slaap sal getoets moet word om die onderliggende probleem vas te stel, an dan korrek te behandel. U sal 'n slaap dokter moet raadpleeg vir die korrekte raad.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Sleep expert | 2010-10-13

Hierdie dui aan 'n probleem met slaapgehalte. U slaap sal getoets moet word om die onderliggende probleem vas te stel, an dan korrek te behandel. U sal 'n slaap dokter moet raadpleeg vir die korrekte raad.

Reply to Sleep expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement