advertisement
Question
Posted by: Debbie | 2010-01-21

Kolon probleme

Ek is 41, normale gewig en gesond. Ek drink baie water (10 na 15 glase per dag) en is redelik aktief. Ek eet baie rou groente, vrugte en vesel.
Ek is hardlywig vandat ek kan onthou, somtyds diarree, meeste van die tyd hard en selde normaal. Ek wag tot 5dae lank voor ek ' n stoelgang het. Ek drink deesdae gereeld Black Forest tee, wat af en toe help. Ander middels help nie en ek vermy om medikasie te gebruik.
' n Paar maande terug het ' n spesialis gevind dat my deursnee van my kolon 10cm is asook baie groot. Hy het my op sulke ' black carbon'  pille gesit vir ' n maand, maar geen verandering.
Ek is te bang om terug te gaan na hom, want hy het my gewaarsku dat as my toestand nie verbeter nie, gaan hy die helfte van my kolon verwyder.
Wat nou?
Moet ek aangaan soos nou, of moet ek laat sny?
Gaan ek ' n kolostomie sakkie kry?
Adviseer asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Debbie
Sommige mense het 'n aangebore probleem waar die senuwee voorsiening van die kolon nie normaal is nie. Die kolon kan dan nie behoorlik saamtrek om die derm leeg te maak nie. As dit baie verstop, begin mens oorloop diarree kry (waterige stoelgang wat van agter af verby die verstopping lek) Die behandeling daarvoor is om die abnormale deel van die kolon te verwyder en dan die normale deel aan die anus te heg. Ek dink jy moet dit eers baie mooi met jou dokter bespreek, hoor eers al jou opsies, en kry 'n tweede opinie as dit jou meer gerus sal laat voel voor jy laat sny, want as dit eers afgesny is kan jy dit nie weer terugsit nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Helen | 2016-02-05

Ek vreeslike pyne oor my maag ek kamera gesluk teen maagsweer het vir sonar gegaan gewys da is gewas op pagrias het gegaan vir ct nou se hulle da is n verdukking in my derm van 6x3x4cm moet nu wee gaam vir kamera ek is all so moedeloos het geen medies nie ... Wat kan dit sees

Reply to Helen
Posted by: elize | 2014-03-18

Goeie dag. Ek het 1979 n lipektomie en derm inkorting gehad, vanaf daardie tyd af of eintlik vandat ek ouer geword het (nou 55) is my stoelgang altyd slappering, soms is daar baie suur en selfs skuimerig, ek het vanaf die operasie nie stywe stoelgang nie, ek is altyd opgeblaas, maar dis dalk van verkeerd eet. Ek is redelik oorgewig, waaraan het hulle gewerk met die operasie , aan my duk of dun derm, en kan u my iets meer vertel van die skuimerige stoelgang Baie dankie

Reply to elize | 1 comment (hide)
Posted by: elize | 2014-07-24

lees asb my navraag

Posted by: cyberdoc | 2010-01-21

Hallo Debbie
Sommige mense het 'n aangebore probleem waar die senuwee voorsiening van die kolon nie normaal is nie. Die kolon kan dan nie behoorlik saamtrek om die derm leeg te maak nie. As dit baie verstop, begin mens oorloop diarree kry (waterige stoelgang wat van agter af verby die verstopping lek) Die behandeling daarvoor is om die abnormale deel van die kolon te verwyder en dan die normale deel aan die anus te heg. Ek dink jy moet dit eers baie mooi met jou dokter bespreek, hoor eers al jou opsies, en kry 'n tweede opinie as dit jou meer gerus sal laat voel voor jy laat sny, want as dit eers afgesny is kan jy dit nie weer terugsit nie!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement