advertisement
Question
Posted by: Nel | 2008/09/01

Kolon probleem

Hallo Dokter
Ek sukkel vir maande nou al met n kolon wat nie kan reg kom nie. Elke keer as ek ontlas, dan is die stoelgang abnormaal sag en min. Dit voel nie vir my of ek my liggaam leeg kry van als wat ek inneem nie.Dis nie diarree nie, maar ek sal dit net weer normaal wil he. Ek was al op antibiotika en gebruik steeds Probiflora. Niks wat ek al probeer het, het gewerk nie. My dokter sê  ek moet maar gaan vir n kolonoskopie, maar ek is nog so jonk (27) en ek weet nie of dit nou my enigste opsie moet wees nie.
Wat moet ek doen?
Nog n vragie: Waarvoor help digestive enzymes? Sal dit nie dalk kan help dat my stoelgang verbeter of dat ek meer gereeld toilet toe kan gaan. Ek gaan nie elke dag nie.
Sal dokter my asb help.
Baie dankie
Nel

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nel

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Jy moet 'n afspraak met 'n gastroenteroloog maak, sodat hy/sy 'n gastroskopie en 'n kolonoskopie kan doen. Met hierdie twee prosedures word 'n pypie met 'n kamera aan in jou kolon en slukderm ingedruk, sodat daar vasgestel kan word of daar enige patologie van die derm self teenwoordig is. 'n Stoelgang MC&S (ontleding) sal ook gedoen word om te kyk vir enige chroniese infeksie. Sodra die oorsaak van jou slegte stoelgange vasgestel is, sal behandeling voorgeskryf word.

Ek stel nie digestive enzymes voor, voordat die bogenoemde ondersoeke gedoen is nie.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement