advertisement
Question
Posted by: JANE SCHEEPERS | 2012-08-19

KOLON KANKER

MY MAAG WERK AL MEER AS ''3 WEKE NOG STEEDS AANMEKAAR NADAT 23 CM VAN MY KOLON VERWYDER IS [KOLON KANKER]. EK IS 73 JAAR OUD EN BAIE BEKOMMERD DAT EK SO GAAN DEHIDREER DAT EK DOODGAAN. IS DIT NORMAAL EN WAT MOET EK EET OM VASTE STOELGANGE TE BEWERKSTELLIG. EK IS ARMLASTIG EN IS BY STEVE BIKO GEDOEN.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jane

Jou diarree kan as gevolg van 'n komplikasie van die operasie wees of van die medikasie tydens en na die operasie. Konsulteer jou apteker vir 'n goeie vesel aanvulling en bekostigbare probiotikum. Natuurlike probiotikum word verkry in bulgaarse jogurt. Vermy 'n vetterige dieet en eet baie vars groente en vrugte en kossoorte met 'n hoe vesel inhoud. Indien die diarree nie verbeter nie, sal jy die dokter wat die operasie uitgevoer het, moet konsulteer.

Verwys assseblief na die volgende artikel vir meer inligting oor 'n dieet wat na 'n kolon kanker operasie gevolg kan word: http://www.livestrong.com/article/351081-colon-cancer-diet-after-surgery/

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Mike | 2014-11-13

Ek is 70 jaar oud enhet omen by 20 jaargelee'n volledige kolektommie gehad. Slegs 'n klein deeltjie vanmy kolon was gebruik om my dunderm aanmy rektumte heg. Ont hou, die dunderm moet gelydelik aanpas om die funksie vandie kolom oor te neem. Dit kan bais lank neem, in my geval meer as 'n jaar! Hou moed, drink baie water en sorg dat jou elektroliete voldoende aangevul word. My liggaam funksioneer nou heeltemaal normaal.

Reply to Mike
Posted by: Michele | 2012-08-30

Ek is 33 jaar oud, ek het baie pyn en ek bloei elke keer as my maag werk. eers was my stoel net swart maar nou bloei dit helder rooi. dit voel of my maag die hele tyd wil werk. ek word party keer duislig, ek kan nie baie eet nie en ek voel ongemaklik die hele tyd. ek word baie keer naar, maar gooi nie op nie. ek is part keer net skielik baie moeg en het geen enirgie.

Reply to Michele
Posted by: Ina | 2012-08-20

Jane, ek drink vier lomotils op een slag, dan hou dit dadelik op. Ek lees nou die dag iewers dat water waarin rys gekook is glo ook help, so miskien kan jy dit ook probeer.

Reply to Ina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement