advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/08/15

Kolon

Hello Dr Anrich
Die gehoes en gekots(skuus vir die woord) duur voort dr, ek al so moeg(letterlik). Reeds 2 kursusse antibiotika voltooi, dink u ek moet dalk plate laat neem van my longe, alhoewel my huisdr reken albei is dooddollies! As ek hoes pyn my regteroog, wat stel u voor?
Kan dr asb so gaaf wees om vir my te verduidelik wat ''n: ''colon blister"  is? Kan dit gevaarlik wees? Skuus vir al die vrae, om eerlik te wees ek voel dat sommige algemene praktisyns jou sien maar jy diagnoseer sommer maar jouself, mens voel half of jy ''n oorlas is daarom vermy ek dit om te gaan, regtig. Baie dankie dat u tyd maak vir al die vrae. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Indien jou longe skoon klink met ondersoek, sal daar heel waarskynlik geen patologie met die plate teenwoordig wees nie. Die pyn in jou oog is as gevolg van verhoogde druk, weens die gehoes. Probeer 'n goeie hoesonderdrukker, soos Benylin met codeine.

Verwys jy 'n area van ulserasie/seer in die kolon? Indien daar sere teenwoordig is, moet 'n biopsie gedoen word om vas te stel wat die oorsaak van die seer is. Dit word gewoonlik geassosieer met infeksie en in pasiente met Coeliac siekte (allergie vir suiwelprodukte). Dit kan gevaarlik wees en 'n definitiewe diagnose moet gemaak word deur middel van 'n biopsie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement