advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2010/02/25

Koffie tydens swangerskap - help vir morning sickness

Hallo dok.

Ons sien die Gynae Doc is bietjie stil, so ek hoop dok kan my help met bietjie raad. Ek was vandag by my Gynae maar het vergeet om te vra oor die koffie.
Ek drink nie regtig koffie nie. Selfs tee drink ek min. Meer sap en water.
Ek is nou 8 weke swanger en het verskriklike morning sickness heeldag. Ek sukkel baie om te eet, maar peusel heeldag aan my kos. Ek was gister op ''n kursus en hulle het net koffie gehad om te drink so ek het maar daarvan gevat. Dadelik daarna toe is my naargeit weg. Vanoggend dieselfde en netnou weer.
My dokter het vir my iets voorgeskryf wat ek vanaand sal gaan koop.
Is die koffie wat ek drink baie sleg vir die baba? Wat van decaf?
As ek moet ophou dan sal ek. Ek is nie eintlik ''n koffie drinker nie maar ek is desperaat om van die naargeit ontslae te raak. Met my eerste swangerskap het ek 7 kg verloor in die eerste 3 maande. Ek was siek vir 4 maande. Ek is bang dit gebeur weer. Ek eet glad nie in die aand nie en kan nie eers voor die stoof staan en kos ruik nie. Word selfs naar as die kos reuk in die huis rondhang so ons sit ''n waaier in die kombuis terwyl my man kosmaak. Ek sien my dokter eers weer oor ''n maand en wil haar nie onnodig pla met oproepe nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenn
Mens mag koffie drink in swangerskap, maar min - 1 tot 2 koppies per dag. Probeer bietjie gemmerkoekies - gemmer is 'n natuurlike anti-naar middel?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/02/26

Hallo Jenn
Mens mag koffie drink in swangerskap, maar min - 1 tot 2 koppies per dag. Probeer bietjie gemmerkoekies - gemmer is 'n natuurlike anti-naar middel?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement