advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2010/09/16

Koffie

Hallo

Ek drink decaf koffie, want ek hou nie van sterk koffie nie. Maar my suster sê  decaf is baie ongesond as gevolg van al die chemiese prosesse waardeur dit gaan. Nou weet ek nie meer nie.
Is dit regtig so? Ek drink gelukkig nie meer as 4 koppies per dag nie. Watter koffie is beter, decaf of gewoon?

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Dit is nogal ironies dat onlangse navorsing aandui dat gewone koffie 'n goeie bron van anti- oksidante is (stowwe wat ons beskerm teen siektes soos hartvatsiekte en diabetes) en dat kafeïne in matige hoeveelhede nie skadelik is nie. Daar is dus geen probleem mits mense nie te veel gewone koffie per dag drink nie (sê maar so 4 koppies per dag). Kafeïen-vrye koffie word wel verder geprosesseer om die kafeïen te verwyder, maar ek kan regtig nie 'n mening uitspreek oor watter van die 2 produkte beter of gesonder is nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/09/16

Beste Lizzy
Dit is nogal ironies dat onlangse navorsing aandui dat gewone koffie 'n goeie bron van anti- oksidante is (stowwe wat ons beskerm teen siektes soos hartvatsiekte en diabetes) en dat kafeïne in matige hoeveelhede nie skadelik is nie. Daar is dus geen probleem mits mense nie te veel gewone koffie per dag drink nie (sê maar so 4 koppies per dag). Kafeïen-vrye koffie word wel verder geprosesseer om die kafeïen te verwyder, maar ek kan regtig nie 'n mening uitspreek oor watter van die 2 produkte beter of gesonder is nie.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement