advertisement
Question
Posted by: maatjie | 2009/07/02

koeldrank dieet

Beste dokter Bets,
Baie dankie vir u antwioord. Se my net nog die volgende: Kan sy snaakse deurmekaar gedrag (psigose) veroorsaak wees deur die lae bloedsuiker, ens? Want dis rerig scary - hy weet nie eers of ons regtig in Pretoria bly nie...hy vra my of dit regtig Pretoria is, en hy is asof hy beangs is. Hy is gewoonlik baie lief vir visvang, maar het nie die vaagste benul van watse aas om te gebruik, ens nie. Asof hy nog nooit van visvang gehoor het nie.
Dankie vie die hulp.
(My swaer het hom gisteraand na ons die pos ingestuur het met erge dreigemente sover gekry om te eet en n Ativan te drink, so hy eet nou darem klein hoeveelhede op n slag, en hy word gesny op sy koeldrank-inname. Een glas na ete en miskien een tussen-in)
Groete,
Maatjie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Maatjie
Ja lae bloedsuiker en deurmekaar bloed soute kan so beeld veroorsaak. Probeer dat hy elke 3-4 ure iets eet met proteien en lae GI koolhidrate - al is dit 2 provitas en 'n stukkie kaas, of 'n glas melk met 'n sny bruinbrood, of 'n sny bruin brood met grondboontjiebotter op. Vermy koeldrank wat baie suiker bevat soos Coke - gee liewer appelsap of dieet koeldrank as hy koeldrank WIL drink. As sy asem soos asetoon (cutex remover) ruik beteken dit hy het baie lae bloedsuiker.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: HcH | 2009/07/03

Ek is 34. Het ' n histerektomie gehad op 27 na komplikasies met tweeling se geboorte. Het nog altyd gesukkel met ongereelde menstuasie siklus gepaard met ergere ovulasie pyn, baie bloed verlies.

Die afgelope twee jaar ondervind ek vreeslike pyn (ongeveer wanneer ek ovuleer) in die ligging van my linker eierstok - veral as ek hoes en op my sy le. Die afgelope 2 maandeis daar ook " spotting" . Hoe dan? Ek het dan geen baarmoeder meer nie?

Ek wil ook net noem dat ek en my man nie seksueel aktief is nie! Dit is dus nie die rede vir die " spotting"  nie (snaaks wat vriendinne dink die oorsaak is??)

Het ek rede tot kommer?

Reply to HcH
Posted by: Corne | 2009/07/03

Hi, ek wil net weet of Shingles aansteeklik is of nie, ek het nou al van 2 gevalle gehoor.

Reply to Corne

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement