advertisement
Question
Posted by: maatjie | 2009/07/01

koeldrank dieet

My seun (nie baie slim), voorheen gediagnoseer as disleksies en was in n spesiale skool, gee my geweldige probleme tans.
Hy is 33 jaar oud, werk net af en toe minder ingewikkelde tipe werkies, en ook net vir kort tydjies dan loop hy.
Ons het nou getrek van n klein Vrystaantse plekkie na my suster in Pretoria. Hier het hy n drywerswerkie gekry. Laas Maandag n klein ongelukkie met ander voertuig, geen skade aan die voertuie nie, maar sedertdien is hy in n vreeslike toestand. Hy tree op soos n geestes versteurde. Verstaan nie as mens met hom praat nie, eet niks soos in niks nie. Hy drink van laas Woensdag af net koeldrank en eet net mooi niks nie. Vandag kan hy nie eers sy broer, ens onthou nie. Hy is soos n dwaalgees. Sy asem ruik verskriklik. Hy is so deurmekaar soos nog iets, en weier om sy Ativan te drink wat hy op n geleentheid gekry het nie. Kan dit wees dat hy so deurmekaar is a.g.v. die feit dat hy nie eet nie, en hoekom? Doen dit ook iets aan die geheue?
Ek is raadop en sal hom maar na die Staatshospitaal vat en hoop vir hulp,maar sal dit waardeer om u antwoord te kry.
Groete,
Maatjie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Maatjie
Neem hom asb na 'n staatshospitaal so gou moontlik - die deurmekaarheid, en slegte asem kan dui op ketose ( erge lae bloedsuiker agv min eet maar ook dalk agv lae weefselsuiker in diabete) en sy bloedsoute mag ook deurmekaar wees - hulle moet waarskynlik 'n paar bloedtoetse doen. Hy mag dalk ook nou 'n psigose hê wat sy snaakse gedrag verduidelik. Laat weet my hoe dit gaan?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement