advertisement
Question
Posted by: Desperaat | 2011/03/01

Knoppe op gesig

Ek is ''n 27 jarige vrou. Ongeveer twee jaar gelede het ek klein sowel as groot knoppe op my ken area gekry. Sommige kon jy druk, maar ander was nie soos puisies nie, want as ek dit gedruk het het daar niks uitgekom nie. Ek het ''n dermatoloog gaan sien en hy het Tetralysal 300mg vir my voorgeskryf wat ek vir twee maande moes drink. Die probleem was opgelos.

Ek kry van tyd tot tyd ''n knoppie hier en daar op my gesig, maar ongeveer twee maande terug het ek al hoe meer puisies op my gesig gekry. Ek het eers gedink dit is omdat ek ''n nuwe onderlaag gebruik, maar nadat ek dit gestaak het het die puisies gebly. Ek het al vir twee " facials"  gegaan en Environ produkte begin gebruik, maar die probleem bly en ''n paar dae terug het ek die eerste groot knop op my ken gesien. Sederdien het ek nog twee bygekry. Weer dieselfde as die vorige keer. Dit word nie beter nie en gaan ook nie weg nie.

Wat kan die probleem wees? Ek gebruik al baie maande nie meer my pil nie en slegs kondome. Kan dit hormone wees? Ek is baie ver van ''n dermatoloog af (500km) en kan nie bekostig om so ver te ry om een te sien nie. Moet ek na my huisdokter toe gaan om weer vir my Tetralysal voor te skryf?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Desperaat
Dit kan hormonaal wees en ja, jou huisdokter kan sommer vir jou Tetralysal voorskryf
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/01

Hallo Desperaat
Dit kan hormonaal wees en ja, jou huisdokter kan sommer vir jou Tetralysal voorskryf
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement