advertisement
Question
Posted by: Gerida Booyens | 2009/03/05

Knop op sleutelbeen

Hallo Doktor,

Ek hoop dat alles goed gaan. Baie dankie vir '  n baie informatiewe website.

Ek is '  n 40 jarige dame. Ek het al in beide my skouers '  n rotar spierskeur operasie gehad. Ek het 100% daarvan herstel. Ek ervaar geen probleme nie.

Drie weke terug, is ek onverwags in die hospitaal opgeneem met '  n moonlike bloedklont in my regterarm. My arm het vir geen rede begin opswel nie, en dit was baie pynlik. Die sonar het egter gewys daar is geen teken van '  n bloedklont nie. Die swelling het mettertyd gesak, maar ek het nogsteeds '  n pynlike arm gehad.

'  n Week terug het ek '  n redelike harde knop bo my sleutelbeen aan my arm (nie nek) se kant gevoel. Dit is nie '  n ronde knop nie, maar eerder lank en lengte. Dit is glad nie pynlik nie. Die knop is vir my kommerwekkend, want my arm het nog nie herstel na my hospitaal besoek nie. Ek vermoed die senuwee word iewers vasgedruk, omdat ek '  n "  naalde en spelde"  gevoel ervaar.

My huisdokter het na die knop gekyk, daaraan gevoel, maar kan nie '  n defnitiewe oorsaak daarvoor gee nie. Sy het wel drie scenarios voorgestel: '  n syst, '  n anuerisme, of '  n gewas. Sy het voorgestel '  n chirurg kyk daarna. Sy het ook genoem dat sy nog nie so iets in haar jare as dokter gevoel of gesien het nie.

Ek het wel '  n afspraak by die chirurg gemaak vir die 11de Maart - maar in die tussentyd is ek nogal bekommerd dat dit dalk iets ernstig kan wees?

Het u enige raad? Enige iets sal tans van baie waarde wees.

Nogmaals dankie - en sterkte.

Groete
Gerida Booyens
Pretoria.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Gerida
Ek stem saam met jou dokter, dit kan 'n limfklier, 'n sist, 'n aneurisme ( uitgesette aar) of 'n gewas wees en mens sal met 'n MR of sonar moet probeer agterkom wat dit is. Dit is dalk die ding wat op die senuwee wortels van die arm druk wat die simptome veroorsaak. Dis darem net 'n paar dae voor jy by die sjirurg uitkom, so moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie! Laat weet my wat sê hy?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement