advertisement
Question
Posted by: Gerida Booyens | 2009/03/02

Knop op sleutelbeen.

Hallo Doktor,

Ek hoop dat alles goed gaan. Baie dankie vir ' n baie informatiewe website.

Ek is ' n 40 jarige dame. Ek het al in beide my skouers ' n rotar spierskeur operasie gehad. Ek het 100% daarvan herstel. Ek ervaar geen probleme nie.

Drie weke terug, is ek onverwags in die hospitaal opgeneem met ' n moonlike bloedklont in my regterarm. My arm het vir geen rede begin opswel nie, en dit was baie pynlik. Die sonar het egter gewys daar is geen teken van ' n bloedklont nie. Die swelling het mettertyd gesak, maar ek het nogsteeds ' n pynlike arm gehad.

' n Week terug het ek ' n redelike harde knop bo my sleutelbeen aan my arm (nie nek) se kant gevoel. Dit is nie ' n ronde knop nie, maar eerder lank en lengte. Dit is glad nie pynlik nie. Die knop is vir my kommerwekkend, want my arm het nog nie herstel na my hospitaal besoek nie. Ek vermoed die senuwee word iewers vasgedruk, omdat ek ' n " naalde en spelde"  gevoel ervaar.

My huisdokter het na die knop gekyk, daaraan gevoel, maar kan nie ' n defnitiewe oorsaak daarvoor gee nie. Sy het wel drie scenarios voorgestel: ' n syst, ' n anuerisme, of ' n gewas. Sy het voorgestel ' n chirurg kyk daarna. Sy het ook genoem dat sy nog nie so iets in haar jare as dokter gevoel of gesien het nie.

Ek het wel ' n afspraak by die chirurg gemaak vir die 11de Maart - maar in die tussentyd is ek nogal bekommerd dat dit dalk iets ernstig kan wees?

Het u enige raad? Enige iets sal tans van baie waarde wees.

Nogmaals dankie - en sterkte.

Groete
Gerida Booyens
Pretoria.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Gerida,

ek stem saam met jou dokter en sou die dokter komplimenteer vir die differensiele diagnose. As dit nie pynlik is nie hoef jy nie te veel te bekommer nie aangesien dit dan waarskynlik goedaardig is . Kom ons wag vir die opinie van die sjirurg
Groete,

DR Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: marietjie | 2014/05/07

hi dr. Ek het ongeveer so 4 dae terug wakker geword met n vreeslike pyn in die my nekspier, het gedink ek het dalk my nek verle alhoewel dit anders gevoel het as n nek wat verle is. Vanoggend het ek agter gekom dat my sleutelbeen seer is soos wanneer mens n harde hou gekry het. Toe ek egter gaan stort het ek n groot knop op die sleutelbeen waargeneem, wat werklik pynlik is. Is dit iets om oor bekommerd te wees of nie? Baie dankie

Reply to marietjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement