advertisement
Question
Posted by: Mia | 2011/08/26

knop op my been

Hallo Dok...

Ek het omtrent ''n maand gelede van ''n perd afgeval. Ek het my been baie hard gestamp teen die saal en daar het amper dadelik ''n blou knop uitgekom (dis tussen my shin en my kuit.)

Ek het toe ek op skool was baie sulke " eier"  op my bene gekry van hokkie speel, maar nog nooit was dit vir so lank so seer nie. (Kan dit wees omdat ek nou al 10jaar lank uit die skool uit is, en my ouderdom nou ''n rol speel in hoe lank dit vat om te genees?) As ek oefen (veral stap of draf - alhoewel ek dit baie stadig vat) is dit asof die bloed afsak tot rondom my enkel en dan is dit blou/groen rondom my enkel...en partykeer sommer op my voet ook.

Ek het nog nooit voorheen vir so iets dokter toe gegaan nie? Alhoewel die knop al kleiner is en die blou al amper heeltemal weg, voel dit nie vir my of dit gou genoeg genees nie.

Is daar enigiets anders wat ek hieraan kan doen?

vriendelike groete

Mia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mia

Soos ons ouer word, vind genesing ongelukkig stadiger plaas. Jy kan koue en warm pakke elke ag ure oor die area wend. Drink 2 Myprodol kapsules, elke ag ure vir vyf dae. Probeer om jou been in die lug te hou wanneer jy sit.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement