advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-04-13

Knop op been waar hy gebreek was

Hi

Ek het so 12 jaar terug my been op 3 plekke erg gebreek in ' n ongeluk. Na die ongeluk was ek nie baie aktief nie tot met so 4 jaar terug, ek ry meestal fiets en gaan doen teminste 3 keer ' n week Spinning by die gym maar ek kan dit nie waag om tegaan draf nie. My onderste been het presies in die middel voor so sagte kol waar die been gebreek het en sodra ek draf swel daar ' n groot knop uit, Ek was al by die fisio en hulle het net gese die weefsel of iets is baie sag daar en oefening sal die verbeter. Dit raak nie beter nie maar is ook nie seer nie, dit plae my net. Wat kan dit wees en kan mens dit laat reg maak of iets. Ek kry ook slegs in die been wat gebreek was van tyd tot tyd erge krampe net in daai kuit.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dear Cornel
Jou dokter moet na die plek kyk, dit is dalk 'n swak plek in 'n aar wat so swel. As nodig moet hy jou op 'n trapmeul laat loop tot die ding uitkom dat hy mooi kan kyk wat dit veroorsaak. Die krampe kan wees omdat die bloedvloei in die been ook nie is wat dit moet wees nie. Daarna moet hy ook kyk met 'n doppler sonar ( dit kan 'n tipe arteriele inkorting wees) Sorg dat jy goed strek voor en na oefening.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement