advertisement
Question
Posted by: Melissa | 2012/09/17

Knop in Keel

Hi doc

Ek sukkel al die afgelope 5 tot 6 maande met die gevoel dat daar ''n knop in my keel is. So 5 maande terug het my huis dokter vir my Augmentin voor geskryf en vandat ek die antibiotika gebruik het is daar hierdie gevoel dat ek ''n knop in my keel het. Ek was terug Dr toe en toe word daar vir my gese dat ek iets op my skieldklier het (nodule), ek het gegaan vir ''n sonar asook ''n flikkergramtoets, die toetse het wel bevestig dat daar 2 nodules op my skieldklier is maar was baie klein en dokters was nie bekommerd daaroor nie. Daarna het ek die kamera gaan sluk en weereens was alles reg. Ek is op hierdie punt raadop want ek weet nie meer wat dit kan wees nie, die Dr het ook genoem dat dit dalk my slukderm wat in spasma gaan kan wees. Stem jy saam??
Wat ek wel kan se is dat die gevoel op seker dae erger is as ander.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Melissa

Die knop in jou keel is heel waarskynlik as gevolg van spierspasma, veroorsaak deur onderliggende angs. 'n Algemene oorsaak sal wees sooibrand met gevolglike spierspasma. Jy het reeds 'n gastroskopie gehad wat hierdie algemene oorsaak uitskakel en die nodules op jou skildklier is klein en ook uitgeskakel as 'n moontlike oorsaak. Daarom stel ek voor dat jy jou dokter vra om angs as die oorsaak te oorweeg en 'n voorskrif vir Cilift (vir die beheer van algemene angs sindroom) te vra.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/01/11

Hi, ek sit met dieselfde probleem, myne ook aan die linkerkant, ek sukkel om te praat en te sluk. Het baie pyn in keel en oor, aanhoudende kopseer en ek het geen krag in my nie, het ook lelike dubbel visie. Enige raad asb?

Reply to Anonymous
Posted by: Lani Joubert | 2012/11/11

Goeie dag. Ek 3 jaar terug ''''n knop op my gorrel gehad. Dit was gese dis ''''n klier. Dit het totaal verdwyn. nou het ek so 5 dae ''''n knop gekry ook op my gorrel. dis nie pynlik nie en was nog net 2 dae in my pad en ongemaklik om te sluk. Ek kan dit tussen my vingers vat en wegtrek van my gorrel af. Ek is gespanne deesdae. Gewonder of ek enige kostes moet aangaan om dit te laat uithaal of te laat toets. Knop sit effe aan linkerkant van gorrelpyp. Dokter se hy dink dit is ''''n sist. dit word dan nou weer kleiner. En dit is glad nie seer nie.

Gee tog raad asb.

Reply to Lani Joubert
Posted by: Lani Joubert | 2012/11/09

Goeie dag. Ek 3 jaar terug ''n knop op my gorrel gehad. Dit was gese dis ''n klier. Dit het totaal verdwyn. nou het ek so 5 dae ''n knop gekry ook op my gorrel. dis nie pynlik nie en was nog net 2 dae in my pad en ongemaklik om te sluk. Ek kan dit tussen my vingers vat en wegtrek van my gorrel af. Ek is gespanne deesdae. Gewonder of ek enige kostes moet aangaan om dit te laat uithaal of te laat toets. Knop sit effe aan linkerkant van gorrelpyp. Dokter se hy dink dit is ''n sist. dit word dan nou weer kleiner. En dit is glad nie seer nie.

Gee tog raad asb.

Reply to Lani Joubert
Posted by: Marinda Burger | 2012/10/23

Goeie dag, ek wil graag uitvind ek is so 8 jaar terug gedeagnoseer met ooraktiewe skildklier. Ek het vir radioaktiewe bestraling gegaan en is sederdien op eltroxin 0.1mg. Vir twee weke nou al voel dit die hele tyd asof daar iets in my keel is wat ek nie afgesluk kry nie dit voel asof my keel toetrek. Ek is verskriklik moodie en bakleiering en huil vir alles. vir die afgelope 4 dae voel dit asof iemand vuur maak in my keel as ek enige iets eet of drink. Het dit enige iets met my skildklier te doen, ek is 42 of kan dit menopous wees.

Reply to Marinda Burger

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement