advertisement
Question
Posted by: Asb dringend advies | 2009-03-18

Knop in bors

ASB gee my dringend advies. Ek is in my 30 en het n knop in my bors vermoedelik fibroadenoom. Maar nou het my ma ook 1.Sy is in haar 60s en het verlede jaar geval. Ons het op die mammogram die knop en 2 kleintjies gesien sowel as die sonar. Die dr het gese ons moet so maand wag want omdat sy geval het het hulle gedink dit was dalk bloeding. Na n maand op die sonar is die 2 kleintjies weg maar die groote steeds daar. Nou gaan hulle vermoedelik n biopsie doen. Ek is ontsettend bekommerd.Daar is n familie geskiedenis v kanker. Wat is die kans op kanker na 60s. Is alle knoppe kanker of kan dit dalk n sist of iets anders wees. Sy het nie pyn op ander simptome nie.Dit was maar met die roetine ondersoek opgetel. Sy sal binne die volgende dag of 2 gaan. Ek soek net bietjie comfort vir myself want ek is besig om mal te gaan van bekommernis. Is die kans vir kanker op so ouderdom baie hoog of kan dit dalk iets anders wees. As jy my brief lees bid ook asb vir my ma, sy is al deur soveel hartseer dat sy nie nog so iets kan hanteer nie. Asb ek vra mooi.Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo
Mens se kans om kanker van die bors te kry verhoog met ouderdom, maar alle knoppe is nie kanker nie. As die knop beweeglik is, en nie die vel intrek nie, is dit dalk net van die val of 'n fibroadenoom. Dit is maar altyd veiliger om 'n biopsie te doen om seker te maak want vroee borskanker is geneesbaar, as mens dit betyds optel.
Moenie bobbejane agter die berg gaan haal nie, as hulle gedink het dit is kankeragtig het hulle dalk al 'n maand gelede die biopsie gedoen - daar is heelwat tekens op die mammogram of dit kankeragtig is of nie! Laat weet my wat die biopsie wys?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement