advertisement
Question
Posted by: madie | 2011/05/02

knop in aar na drip

hi doc,ek het 3 weke gelede na n pleurale effusie drup met antibiotika gekry,my drup het verstop en toe sit hul nuwe een in,ek het nou n knop in my aar op pols wat baie pynlik is,ek kan sien hoe klop dit,is dit gevaarlik,dit is geswel maar nie rooi of iets nie,hul et saline in drup gespuit om dit oop te probeer kry,dit was baie seer toe haal hul drup uit,daar is 600ml van long getrek,x strale wys nog bietjie oor,sal dit weer terugkeer,tb toetse negatief,maar ek voel asof ek alweer swel,mond vol water heeltyd en voel asof ek stik in nag as ek le,word dan wakker met vreeslike gehoes,is op ccoversyl plus vir b bd en amiloretic

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Madie

Die area waar die intraveneuse lyn die swelling veroorsaak het, behoort geen gevaar in te hou nie. As daar geen infeksie teenwoordig is nie hoef jy nie bekommerd te wees nie.

Behandeling met ultraklank, soos toegedien deur 'n fisioterapeut, kan die area van swelling en fibrose verklein of totaal genees.

Ongelukkig weet ek nie wat die oorsaak van die vog op jou longe was nie, maar ek stel sterk voor dat jy weer jou dokter konsulteer om enige ernstige komplikasies uit te skakel. Ek sal graag wil weet wat jou diagnose was, om sodoende beter advies te kan gee.

Groete

Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement