advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011-11-17

Knieë 

Hi dokter

My probleem kom sowat 2 maande aan. My linkerkantste knie is binne in seer. Maar dit pyn nie aanhoudend nie. Ek is meestal bewus daarvan soggens wanneer ek opstaan. En nou begin my regterkantste ene ook ietwat.

Ek gym 4 aande ''n week, by Curves, wat bietjie cardio en muscle toning oefeninge is. Na oefen, moet ons strek. Wanneer ek my linker been strek, voel dit nie asof die pyn ''n spier kan wees nie. Ek drink saans 1 x Norflex en smeer die knie in met Panamor gel. (ek doen dit nou alreeds vir die hele maand) My knie raak nie beter nie, en ook nie erger nie, maar die feit dat dit al so lank aangaan kommer my.

Wie moet ek gaan sien? Ek het nou al my GP oorweeg, asook Fisio, maar soos ek sê  ek dink nie dis ''n spier nie.

Ek moet net ook sê , ek sit kruisbeen en kruip op my kniee rond, sonder pyn. Maar sodra ek my bene reguit maak na ''n lang tydjie se kruis been sit, is dit veral seer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Dit is moontlik dat daar inflammasie in jou knie gewrigte teenwoordig is. Die oorsaak van inflammasie kan as gevolg van 'n ou besering of as gevolg van 'n inflammatoriese proses wees, soos byvoorbeeld artritis. Dit is dus baie belangrik om 'n ortopeet vir 'n ondersoek, bloedtoetse en x-strale te konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement