advertisement
Question
Posted by: Girla | 2012/11/20

Knie voel styf

Hi, ek het so 3 weke terug op my hurke vir ''n lang tydperk gesit en onkruid uittrek, in die week daarna het ek iets snaaks gevoel in my knie, amper asof daar ''n klein bubble in is, toe was ek by ''n troue en het gedans, en in die volgende week was my knie effens geswel, aan die buitekant van die knie, meer bo as onder. Ek het ''n pakkie voltaren pille gedrink en ophou stap, daarna (laas week) is ek na my huisdokter, ek het nog ''n pakkie pille gekry, cataflam. Ek het gister weer begin stap, maar my knie voel baie styf vandag, my knie is ook agter baie styf ( in die waai van die knie) My dr het genoem dat ek maar kan stap en swem, ons is ver van spesialiste, so ek kan nie onnodig na 1 gaan. Ek het besluit om vir die res van die jaar nie meer te stap nie, maar wel vryslag te swem, is die swem sleg vir kniee? Indien dit my kraakbeen is, kan dit vanself herstel, het u dalk enige raad vir my, medikasie wat ek dalk kan gebruik of spesifieke oefening ? Baie dankie, groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Girla

Swem is die beste oefening. Dit is wel moontlik dat jy die kussinkie in jou knie beseer het. Traumatiese besering van hierdie kussinkie kan tot ses weke neem om te genees. Swem is 'n nie-gewigdraende oefening en dus die beste opsie. Jy kan aangaan met die Cataflam.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement