advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009-07-03

Knaende pyn in skouer.

Hallo Dr. Ek is ' n 32 jarig vrou. Die afgelope 2 maande het ek gedurig pyn in my regterskouer. Dit was net so een oggend toe ek opstaan. Ek ervaar pyn wanneer ek my arm bo my kop oplug soos om die wasgoed op en af te haal, ook wanneer ek met my elmboog op die tafel druk en wanneer ek my skouer agter toe bewee is dit ook seer. Somtyds is daar aan die voorkant van my skouer, ongeveer 4 fingers onder die sleutelbeen, ' n kolletjie so groot soos ' n R5 stuk wat soos vuur brand. Die brandery kom en gaan sonder dat ek iets besonders doen. Ek het al Panamor - 100 SR vir ' n geruime tyd gebruik sonder enige verbetering. Somtyds as die skouer baie lastig is, pyn dit regdeur van voor na agter. Ek sal raad waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste "Anonymous".

by 'n vrou van jou ouderdom is dit redelik algemeen om 'n kalsium neerslag in die tendons van die skouer te sien as oorsaak van pyn soos jy beskfryf. Kyk na ons webtuiste: www.shoulderinstitute.co.za en dan na "Calcific tendinitis " om meer daaroor te sien. Die diagnose kan natuurlik nie deur my bevestig word nie en jy sal 'n dokter moet sien en X-strale laat neem dit sal dan moontlik kan wys of dit die probleem is of nie.

Alles van die beste,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: nic janse van rensburg | 2009-07-04

pain in right shoulder

Reply to nic janse van rensburg

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement