advertisement
Question
Posted by: Rika | 2009/08/06

KNAENDE MAAGPYN

My dogtertjie (8) kla knaend van maagpyn vir ' n geruime tyd. Aanvanklik het dit gekom en gegaan, maar die afgelope week is dit ' n konstante pyn. Soms erg en dan weer minder erg. Ek het haar Dinsdag by die dokter gehad. Urine- en bloedtoetse wys skoon. Ek gee intussen Buscopan en Probiotics en laat haar baie water drink. Sy se die pyn is maar nog daar en dit beinvloed haar skoolwerk, sport en persoonlikheid. Ek het die dokter weer geskakel en sy stel voor dat ons x-strale moet laat neem. Wat dink jy? Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Rika
Het sy onlangs keelseer of bolugweg infeksie gehad? Dit kan die kliere in die buik gevoelig en geswel maak. Hardlywigheid en impaksie kan ook maagpyn gee, en kinders van haar ouderdom kan ook gastritis ( maagslymvlies inflammasie ) en maagsere kry. Vind ook uit of daar iets by die skool is wat haar opstress.
Sien ook http://www.emedicinehealth.com/abdominal_pain_in_children/article_em.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/11/04

My kleinkind het n verskriklike maagpyn veral by die naaltjie se kant en dit laat sy baie koors het sys 4jar oud. Enige raad asb help

Reply to Anonymous
Posted by: T.Oelofse | 2014/01/02

My seuntjie is 4 jaar oud. Hy het hoe koors gehad vir n maand tussen 39 en 42. Hy kla van maagpyn elkedag. Ons bly in Malawi hulle het elke toets moontlik gedoen tot orgaan funksie. Sy oe bly blou kringe maak. Hulle het regtig baie vir hom gedoen. Hulle het hom op antibiotika ook gehad. Ek begin nou net bekommerd raak oor die maagpyn wat nei weg gaan nie is noual n maand later en die koors is weg. Hy word wakker met baie maagpyn en dan raak dit beter sal so nou en dan deur die dag se sy maag pyn. Wanner die pyn daar is kan ek glad nie op sy maag druk nie. Hy eet baie goed en ek ky dat hy ekle day toilet toegaan en dit is normal. Hy drink ook baie water. Is daar nog toetse wat ek kan laat doen? Kan dit sy niere wees want ek het nier problem en ek weet daar is nog in die famielie met nierprobleme maar nie een die selfde nie. Het nou raad nodig asb is baie bekommerd. Dankie.

Reply to T.Oelofse
Posted by: Rika | 2009/08/10

My seuntjie het twee seertjies op sy kopvel gekry en hou aan om daaraan te krap. Hy gebruik Pantene shampoo. Die een het groter geword, maar gelukkig nie ontsteek nie, maar is " nat" . Ek smeer Bactroban aan. Het u enige raad asseblief? Baie dankie

Reply to Rika

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement