advertisement
Question
Posted by: Elaine | 2009-05-14

Klierkoors

Kan u asb so gaaf wees en vir my inligting stuur oor klierkoors.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elaine
Klierkoors (glandular fever of infectious mononucleosis) is 'n Epstein Barr virus infeksie wat 'n griepagtige siekte veroorsaak. Dit word ook die "kissing disease" genoem omdat dit veral onder tieners en jong mense versprei en die virus deur speeksel aangesteek word.
Dit veroorsaak seer en geswelde kliere, koors, seer keel, moegheid, kopseer en soms 'n fyn rooi uitslag.
Mens diagnoseer dit met 'n bloedtoets. Die simptome hou gewoonlik vir 2-3 weke aan maar die moegheid kan vir 'n maand of langer aanhou.
Behandeling is simptomaties - aspirien of panado vir koors, rus, neem baie vloeistowwe in.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

14
Our users say:
Posted by: mb | 2016-03-27

Hi...ekt meer as 4jr terug klierkoors gekry en saam met dit duitse masels. Kliere was so erg dat dit knoppe onder my voete gemaak het en agter my kop was ook n klomp kliere. Ek was vir 2maande baie siek en moes dus net opstaan as ek moes badkamer toe. Van daar af kry ek gereeld simptome van klierkoors...soms soos nou net erger. Blykbaar maar nie veel om te doen daaromtrent behalwe om n goeie anti inflamitoriese middel te gebruik en baie water te drink. Persoonlik dink ek dit het ook baie te doen met jou imuunsisteem,want als wat ek al gekry het het op die uiteinde te doen met n swak imuunsisteem. Sterkte...

Reply to mb
Posted by: Anonymous | 2015-11-21

Ek is in 2012 opgeneem in die hospitaal met Clostridium Difficile en toetse het ook gewys dat ek klierkoors gehad het. Die klierkoors het tot vandag toe nog nie weggegaan nie. Die simptome flam kort kort op. Seer keer. Seer onder my arms. Baie moeg. Lyfseer wat ek vir niemand kan beskryf nie. Ek drink vitamien aanvallers en baie sterk vit C maar sodra ek fisiese werk doen slaan dit my weer. Die storie loop dat jy dit net eenkeer kry. Maar die virus is soos die coxaci virus. (wat ek ook al gehad het jare gelede). Dit voel of die 2 bose goed saamwerk en nooit uit jou liggaam gaan nie. Nou vra ek hoe verduidelik mens dit aan jou familie en werkgewers. Daar is nie baie simpatie vir die toestand nie en mense dink maklik jy "sit aan" of raak moedeloos omdat dit so kronies is. Is daar enigeen daar buite wat die toestand suksesvol onder beheer gekry het?

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016-05-25

Ek het dit ook gekry in 2012, die virus vlam gereeld op en dan is ek weer vreeslik siek. Ek was baie moedeloos en het begin depressie kry, ek was nooit gesond nie en my mediese onkostes was hemelshoog!! In Oktober 2015 het ek die produk Ambrotose en Immuno Start van Mannatech ontdek en eintlik uit moedeloosheid dit begin drink. Dit werk fantasites en ek kan eerlik sê dat ek voor klierkoors laas so gesonde en energiek gevoel het. Kontak my gerus vir meer inligting: hanriz@hotmail.co.za

Posted by: Monique | 2015-11-03

Helo Ek is 8 maande swanger en het klierkoors en kry dit gereeld, maar wil net weet of dit enigsins nadelig is vir my ongebore baba?

Reply to Monique
Posted by: Rud's | 2015-09-16

ek het nie nou geld om na n' dokter toe te gaan nie, ek sien in elk geval nie die punt aangesien daar geen meds is wat dit gaan gesond maak nie, ek behandel die simptome alreeds tuis met koorswerende middels soos panado en stilpyn en ek het anti-inflamatoriese meds. my vraag is, ek het nie meer koors nie en ek was nog nie naar nie. maar ek sit met die seer lyf, keel en ore en limfkliere wat geswel is oral en kopseer en is baie moeg en voel sommer net oes ek aanvaar dis dan reg om aan te neem dat ek die virus het, na gelang van al die simptome wat ek hier lees. maar een ding wat ek ervaar wat verskil is dat my keel-klep (eppiglotis?) voel asof daar iets aan vassit wat ek nie afgesluk kry nie... sal ek dalk daarvoor moet dr toe gaan of mag dit dalk net so voel omdat die kliere geswel is?

Reply to Rud's
Posted by: Anonymous | 2015-08-20

Help aub my skoon dogter se kliere in haar vagina is erg geswel..mwatvkan dit wees

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015-08-20

My dogter se kliere in haar vagina is erg geswel wat kan dit wees

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015-01-10

Geoeimiddag ek was by die dokter gewees al oor my kliere onder my arms wat seer is en ek is soms so moeg ek kanie eers opstaan nie hy het bloed toetse gedoen gesê ekt klierkoors my op antibiotka gesit en dis nogsteeds nie weg nie as ek bv huis skoon maak dan word my kliere seer en ek kan ook nie oefen nie dan word dit ook seer net onder my arms nie seker of ek nou maar weer moet terug gaan Dr toe

Reply to Anonymous
Posted by: Gerhard | 2014-07-26

Hi. My dogter is 12 jaar oud en het baie seer in ha keel.Opgeswelling agter ha ore,knoppe soos waterblasies agter ha kop ,gesig en maag,rug gedeeltes wat brand en is taamlik groot ,kopseer is ook teenwoordig.Sy kry koors?Kan u my dalk aanduiding gee wat dit moontlik kan wees?

Reply to Gerhard
Posted by: Gerhard | 2014-07-26

Hi. My dogter is 12 jaar oud en het baie seer in ha keel.Opgeswelling agter ha ore,knoppe soos waterblasies agter ha kop ,gesig en maag,rug gedeeltes wat brand en is taamlik groot ,kopseer is ook teenwoordig.Sy kry koors?Kan u my dalk aanduiding gee wat dit moontlik kan wees?

Reply to Gerhard
Posted by: Lenelda | 2014-03-19

Ek wil net graag weet of ek dalk klier koors het. Ek het gisteraand begin nek pyn kry en my kliere is gewel as ek sluk pyn my nek en alles trek styf. Ekt ook nou toe ek bad gevind dat daar n klier in my lies is wat so groot soos n albaster geswel is. Sover is dit net agter my ore, my nek en die een in my lies. Asb as julle my kan laat weet sodat ek getoets kan word. My E pos is lenelda.nico@gmail.com

Reply to Lenelda
Posted by: Ilke | 2013-07-25

Kan n mens oefin met klierkoors ?

Reply to Ilke | 1 comment (hide)
Posted by: Reanda Vos | 2014-08-26

As jy wil oefen, het jy nie klierkoors nie

Posted by: Le-Ann | 2013-03-04

Hi ,wil hoor of ek dalk klier koors het , ek het n verskriklike seer keel (amper soos mangel ontsteking) en in my nek en my lieste is die kliere ook geswel ek het ook n vieslike hoofpyn?kan dit klierkoors wees of dalk mangels?

Reply to Le-Ann

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement