advertisement
Question
Posted by: HS | 2009/10/30

Klierkanker

Hi Doc
My broer se hond is pas gediagnoseer met klierkanker. Die hondjie is 10 jaar oud, medium grootte en ' n gekastreerde reun. Hy is ' n kruisras.
My broer is gebroke oor die diagnose.
Omtrent twee weke gelede het hy vir die eerste keer opgemerk dat die hondjie ' n swelling langs sy penis het. Die hondjie drink ook meer water as gewoonlik en piepie aanmekaar ' n bietjie-bietjie. Die hondjie word jaarliks vir sy entings en ondersoeke geneem en is baie geliefde en goed versorg. Dit laat my glo dat die kander nie te lank al daar is nie - is ek reg?

Die veearts wat hom gister ondersoek het (nie biopsie of bloedtoets) het gesê  dis klierkanker en hom na ' n spesialis verwys.

Sal jy asseblief vir ons meer verduidelik wat die roete vorentoe is, watter behandeling opsies ons het, waarvoor ons moet vra en oplet en ook wat die prognose is?

Ek verstaan dis moeilik as jy nie die hondjie ondersoek nie, maar net meer inligting in die algemeen asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo HS

Klierkanker se naam is Lymphoma. Behandeling werk redelik goed in sekere honde maar die prognose, met behandeling is 'n maksimum van 2 jaar. Daar is verskillende behandelinge so bespreek dit met die veearts.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Chill | 2009/10/30

Goed om te hoor dis darem nie te erg nie!

Reply to Chill
Posted by: HS | 2009/10/30

Die biopsie en deeglike ondersoek van die spesialis het toe gewys die hondjie het ' n nier probleem wat baie suksesvol behandel kan word.
Dankie tog!

Reply to HS

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement