advertisement
Question
Posted by: Berdine Rossouw | 2010-09-28

kliere geswel in gesig

Sowat 2 weke gelede het my lingker-oog opgeswel. Daar was geen beserings nie, die oog was ook nie seer nie. Later die aand was die swelsel weg. ''n Dag later was my hele linker kant van my gesig geswel, en ek het baie seer en groot " klier"  regoor my oorlel, wat heeltyd sensitief is.
Die dokter het Klacid en Sinus meds voorgekryf........hierdie behandeling was vrugteloos!!!!
Die swelsel van oog, is heeltyd nou dik, soms minder as ander kere met geen partoon van wanneer dit gebeur nie.
Dink u hierdie sal maar van self af weg gaan.................ek wil tod nie weer vir die dieslefde ding terug gaan nie !!
Kan u vir my raad gee??
P.S Ander mense reken hulle kan sien waar die klier is wat geswel is van buite op my gesig!!!!
Ek is nou moeg vir hier half dik gesig!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Berdine
As dit so kom en gaan klink dit vir my soos 'n tipe allergie. Die klier voor jou oor kan 'n limfklier wees wat swel. (as die swelling onder die kakebeen lyn is, is dit jou speekselklier) Probeer bietjie iets soos Loratidien of Zyrtec 1 saans vir 'n paar dae?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016-04-26

Goeiedag, ek het niks makeer vanoggend nie, net skielik is daar 'n harde knop by my regteroor naby aan die belletjie? Wat kan dit wees? En is dit gevaarlik.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016-04-25

My dogters word nou 50 -haar kids swel skielik baie Dik -dit is nou 6 de leer wat dit gister weer gebeur het-hierdie keep het dit terwyl jy na haar kyk ver spry na lippe en ander Kant van gesig ook-lippe so Dik ge swel dat dit bars -alles binne 2 uur -Sy voel hoe swel swel loop -anti histamine help Niks-ys of warm sak help nie -anti inflamatoriese pile help nie -3 dogters-verskillendes gesien toe dit voor helen gebeur het,weet nie -waar Heen nou -help asb -dit lyk en voel aaklig -HELP Asb

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015-08-28

Ek het erg sinus gehad. Het nog steeds maar minder. Direk langs my neusvleuel ..weerskante.. is daar 2 harde knoppe so groot soos n ertjie. Is dit n sinus simptoom en .. indien wel.. wat gebruik ek daarvoor asb. Dankie

Reply to Anonymous
Posted by: Karlien | 2015-08-26

Goeie naand, my kind het geen simtome van siek wees nie,hy kla net dat hy seer het aan die linker kant van sy nek, toe ek voel sien ek die knop, amper daar waar sy mangels sou sit, maar dit is reeds uitgehaal, wat kan dit wees en wat doen ek.

Reply to Karlien
Posted by: erika | 2015-05-03

naand my man is geweldig geswel voor sy ore en af in sy gesig aan die kant van sy keel dit is ook baie hard kan dit kliere wees en is dit n gevaarteken.

Reply to erika
Posted by: Adriana | 2014-11-10

Ek weet nie hoe om I vraag te post nie maar ek wil net weet asb Kan iemand my help, ek het I harde Knop in my spier/klier agter my kakebeen onder my oor wat Kan fout wees?

Reply to Adriana
Posted by: Anonymous | 2013-11-14

Ek het vandat ek my verstand het, ek is nou 32, n knop tussen my oe gehad, soos die ou mense se waar jou "beneekte plooi" sit! hy het my nog nooit gepla nie, nou ewe skielik is hy so groot soos n albaster, geswel, seer en blou perserig! Ek was by die dokter, sy reken my dis n blinde puisie, en luister nie na my as ek se ekt dit my lewe lank nie, en nou is hy kwaadaardig! Weet u dalk wat dit kan wees! Groete

Reply to Anonymous
Posted by: Cyberdoc | 2010-09-28

Hallo Berdine
As dit so kom en gaan klink dit vir my soos 'n tipe allergie. Die klier voor jou oor kan 'n limfklier wees wat swel. (as die swelling onder die kakebeen lyn is, is dit jou speekselklier) Probeer bietjie iets soos Loratidien of Zyrtec 1 saans vir 'n paar dae?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement