advertisement
Question
Posted by: Ina | 2012/07/12

Kliere

Hello Dokter,

Ek sukkel al van kleins af met kliere in my nek en onder my ore wat gereeld swel en seer is. As ek regtig siek is met verkoue dan is dit eers erg. Die afgelope jaar gaan dit net nie weg nie. My ore is permanent seer, later die wangbeen en later swel my gums ook op en raak stukkend. Chronies. Ek was na ''n dokter toe wie gesê  het my immuunsisteem is seker baie laag en ek moet iets daaraan doen. Ek drink nou al vir 3 maande elke dag Vital Mulivitamiene, Garlic pille en ook Vascafem. Maar dit hou nie op nie. My eetgewoontes sluit nie veel vars vrugte en groente in nie, maar dit kan tog nie net asgevolg daarvan wees nie? Ek is 32. O ja my skildklier (ek dink T1 en T2) is ook getoets toe ek dokter toe was en daar was nie ''n probleem nie.

Hoop u kan vir my lig hierop gee - ek is moeg daarvoor om siek te voel.

Groete,

Ina

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ina

Ek stel voor dat jy 'n internis konsulteer. Die geswolle kliere kan as gevolg van 'n kroniese sinusitis, kroniese virale ontsteking of weens 'n outo-immuun siekte wees. 'n Internis het 'n baie wye kennis van die liggaam en in die lig dat jou simptome van kroniese aard is, stel ek voor dat jy gespesialiseerde hulp kry.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Juanita | 2016/03/15

Hallo, ek sukkel nou al geruime tyd met die klier onder my ken wat sommer oornag swel en baie seer is, dit klop eintlik van die pyn. Ek kry die lelikste sere op my ken wat nie goed lyk nie en ook baie seer is. Ek was al op reekte antibiotika, ek verneem dat die antibiotika die seer en geswelde klier onder druk plaas, want ek kry lettertlik elke maand hierdie seker en klier wat geswel is, dit kom al regtig vir baie lank saam met my en is ek nou al raadop vir dit. Dit laat my regtig nie goed voel of lyk nie. Help asb., ek weet nie meer wat om te doen of hoe om te maak nie. Dankie.

Reply to Juanita
Posted by: Mom | 2012/10/08

Hi,ek wil net weet my dogtertjie is gebore met ''n geblokte sweet klier so onder haar nekkie,was al by drie verskillende dokters en al drie het bevestig dat dit geblokte sweet klier is,maar dit het hierdie week vir die eerste keer rooierig en seer en geswel geword,dokter het haar op antibiotika gesit maar ek is bietjie bekommerd van die swelling het nog nie gesak,hoe lank vat dit

Reply to Mom
Posted by: Joyce | 2012/10/08

My kliere onder my ken aan die regterkant is seer as ek asmem haal is my keel ook seer my kakbeen en in my nek pyn dit was by tandarts en met my tnade is geen fout nie die pyn raak vreeslik ek dring noual vyf maal per dag pyn pille dit voel of my tand ook pyn maar dit is nie dit nie.

Reply to Joyce
Posted by: Alet-Marie | 2012/10/05

Hi, ek sit ook nou al met klier wat bietjie swel agter my ore. Dis effe seer. Ek was al op twee verskillende reekse sterk antibiotika maar dit kom en gaan. Ek het ook sinus en kry nou al erge kopsere, ek moet so 3 keer n dag hoofpynpille drink. My verhemelte bo het ook knoppe gekry en stukkend gegaan, maar dit dis darm nou beter na die antibiotika. Ek gebruik ook n neussproei vir hooikoors. Moet ek bekommerd wees? Dokter het gese dit middeloorontsteking en " some pypies"  wat geblok het. Eks net bekommerd hoekom die antibiotika nie regtig werk nie.

Reply to Alet-Marie
Posted by: lennard lensley | 2012/10/01

4 dae gelede het ek baie seer begin kry agv n swelling beide regs en links van my slukpyp. Dis so seer ek kan nie kos sluk of spoeg nie$ ek sukkel ook om water te sluk. Die pyn begin in my regter oor intrek. Ek vermoed dis kliere maar is baie seer. Ek het nie mediese fonds nie, en is bang vir staats hospitale. Wat veroorsaak sie pyn en wat kan ek doen om pyn te verlig. Baie dankie vir u hulp. ( Ook dit gaan gepaard met n slym hoes, n nat hoes en n brandende gevoel die heeltyd op my longe).

Reply to lennard lensley

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement