advertisement
Question
Posted by: Tina | 2008/09/09

Kliere

Hi Dok

Ek voel die afgelope week nie lekker nie. My kliere onder my ken in my nek voel soms seer en gee sulke steekpyne. . Hier en daar kry ek ' n snaakse steekpyn in my keel en soms in my ore maar dit kan ek nie assosieer met normale keelseer en oorpyn nie. Wil net noem dat die spiere in my nek ook seer is maar ek sukkel maar gereeld met spierspasmas in die nek. My regterarm is ook die afgelope tyd seer, veral as ek in die nag opstaan voel ek die seer, as ek soggens ' n ruk op is gaan dit weg net tot die nag dan voel ek dit as ek opstaan. Ek wil my GP gaan sien maar ek voel altyd so simpel as ek na hom toe gaan en ek kan nie ' n duidelike beskrywing gee van wat fout is nie.

Dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Tina
Moet asb nooit simpel voel om simptome aan jou dokter te verduidelik nie, vir jou mag dit na nikseggende goed klink maar dit skets tog vir ons 'n duidelike prentjie! Al jou simptome kan inpas met erge nekspierspasma met drukking op die senuweewortels waar dit uit die nek werwels kom. Laat jou dokter kyk, dalk x/strale neem en sien of jy fisioterapie nodig het. Hy kan ook 'n bloed toets doen om infeksie uit te skakel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Jaques | 2014/07/28

Hi Delia, ek kry dieselfde steek pyne en wil ook graag weet of iemand weet wat dit kan wees.

Reply to Jaques
Posted by: Delia | 2008/10/24

Liewe Dr Bets

Ek ervaar ook die steekpyne, onder my oor, onder my kakebeen. Ek kry nie spierspasmas nie. Net die steekpyne wat kom en gaan. My dokter het gedink dis keelinfeksie - maar my keel en my ore is tog nie seer nie. Ek kry ook nie koors nie - net intense moegheid - geen energie. Net die aanhoudende steekpyn en by tye ook hoofpyn. Die aanvalle duur so 4 dae, bly dan weg vir so 3 weke en kom dan terug. My dokter het nou antibiotika voorgeskryf - maar ek kan tog seker nie elke 3 weke ' n kursus antiobiotika neem nie?

Reply to Delia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement