advertisement
Question
Posted by: clueless | 2009/11/16

kj' s en calories

Hallo dok, ek wil bitter graag gewig verloor op die regte manier. ek sien op hierdie website is ' n calorie counter. ek wil graag weet hoeveel kj' s ek mag inneem per dag (ek val amper op my rug toe ek sien dat ek reeds 915kj ingeneem net met ' n halwe koppie cornflakes en volroom melk) . Ek weeg tans 101kg en is 1.72m lank. ek beplan ook om meer aktief te raak. Ek wil ook weet of daar nie ' n boek beskikbaar is op die kj' s nie, ek het nie altyd toegang tot die internet nie. En as mens oefen is dit mos dat jy die calories X 4 deel om te sien hoeveel kj' s jy verbrand het?
Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Clueless
Algemeen gesproke, is dit raadsaam dat volwasse vrouens 6300 kJ per dag inneem as hulle wil verslank. Aangesien jou huidige BMI = 34,1, sal dit goed wees om wel gewig te verloor. Mik om eers 10 kg te verloor en dan die volgende 10 kg - stap vir stap. Jy kan dalk een van die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf gebruik, pleks om gedurig kJ te tel. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight Loss' en 'Slimming Diets'. Ek is nie vertroud met die metode wat jy voorstel om uit te werk hoeveel kJ mens verbrand met oefening nie. Die goeie eienskap van oefening is dat mens nie net kJ verbrand terwyl jy oefen, maar vir so lank as 24 uur daarna omdat dit jou sg. Basiese Metaboliese Tempo vir hierdie tydperk verhoog. Gebruik dus 'n energie-verlaagde dieet en oefen elke dag vir ten minste 30 minute (flink stap, of fietsry of swem of touspring. Soos jy gewig verloor en fikser word, kan jy jou spoed verhoog en die oefenperiode verleng.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/16

Beste Clueless
Algemeen gesproke, is dit raadsaam dat volwasse vrouens 6300 kJ per dag inneem as hulle wil verslank. Aangesien jou huidige BMI = 34,1, sal dit goed wees om wel gewig te verloor. Mik om eers 10 kg te verloor en dan die volgende 10 kg - stap vir stap. Jy kan dalk een van die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf gebruik, pleks om gedurig kJ te tel. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight Loss' en 'Slimming Diets'. Ek is nie vertroud met die metode wat jy voorstel om uit te werk hoeveel kJ mens verbrand met oefening nie. Die goeie eienskap van oefening is dat mens nie net kJ verbrand terwyl jy oefen, maar vir so lank as 24 uur daarna omdat dit jou sg. Basiese Metaboliese Tempo vir hierdie tydperk verhoog. Gebruik dus 'n energie-verlaagde dieet en oefen elke dag vir ten minste 30 minute (flink stap, of fietsry of swem of touspring. Soos jy gewig verloor en fikser word, kan jy jou spoed verhoog en die oefenperiode verleng.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.