advertisement
Question
Posted by: ME | 2009/08/27

KJ COUNTER

Hallo dr,

Ek wil graag weet waar kan ek ' n kilojule/calorie counter op die website kry? Ek wil graag volgens dit probeer gewig verloor. Weet u hoeveel kj ek veronderstel is om te eet om gewig te verloor? Ek weeg 98kg en is 1.73m lank. Ek bly konstant honger en wil net peusel. Wat kan ek omtrent dit doen. Is daar geen meer eetlusdemper wat goed werk wat mens oor die toonbank kan koop nie? Ek HAAT dit om van ' n stuk papier af te eet. Ek eet eerder volgends kilojules en oefen dan die meeste af tussen 5 en 6 na werk. Ek het net op ' n punt in my lewe gekom wat ek my agterent af sukkel om gewig te verloor en ek bly honger. Dink u ek het dalk ' n tekort aan iets. Ek crave veral na soutgoed en is mal oor sout en asyn spice. Ek is ' n vrou en 28jr oud.

Baie dankie vir u tyd!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste ME
Kliek op "Diet' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog vir "Calorie Counter'. Dit behoort op die voorblad van die Webwerf te wees aan die regter kant bo. Jou huidige BMI = 32,6, dus sal dit goed wees as jy kan gewig verloor. Ek sal egter voorstel dat jy wel 'n dr behoort te raadpleeg om na te gaan of jy dalk aan 'n hormoongebrek ly (tiroïed, insulienweerstandigheid, of polisistiese ovariale sindroom wat ook aan insulienweerstand gekoppel is), weens die feit dat jy konstant honger is. Dames wat gewig wil verloor, behoort hul energie-inname tot ongeveer 6300 kJ (1500 kcal) per dag te verlaag. Kombineer jou dieet met die oefening om daardie gewig te verloor. As jy wel aan insulienweerstand ly, dan wil ek aanbeveel dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help met 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet. besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Kliek ook op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: ekke | 2009/11/25

wat presies is insulien weerstandig. my dokter het gese ek ly daar aan en moet elke dag ' n suiker pil drink, en dit is al wat ek weet. watter aanpassing moet ek nog maak. ek is vroulik en 30 jaar oud en is oorgewig.

Reply to ekke

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement