advertisement
Question
Posted by: Linda | 2009/04/02

kinder gewig

My dogter is 10 jaar oud, sy is 1.53 m lank en weeg so 48kg. sy is baie langer as al haar klas maats. Sy het so ietwat van n pensie. Ek dink sy moet bietjie gewig verloor. Ek sal nooit vir haar sê  om minder te eet nie, ek sal net meer gesonder kos maak en oor die algemeen porsie beheer doen. Ek gaan ook dat sy saam met my by curves oefen dit is so ma en dogter tyd. Haar pa en oupa is albei diabete en is bekomerd dat sy dit ook sal kry. Werk kinders se bmi dieselfde as vir volwassenes?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Linda
Jou dogter se BMI = 20,5a en die afsnypunt vir meisies van 10 jaar is 19.86, dus val haar gewig in die oorgewig klas. Ek sal aanraai dat julle 'n kliniese dieetkundige moet spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n 'n lae-vet, lae glisemiese indeks (GI) dieet vir jou dogter uitwerk wat dan haar bloedglukose en -insulienvlakke verbeter en gewigsverlies tot gevolg sal hê. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Dit is belangrik dat sy 'n individuele dieetvoorskrif moet kry wat sal help met gewigsverlies, maar tog nog al die voedingstowwe bevat wat normale groei aanhelp. Jou idee dat julle saam gaan oefen is uitstekend. Moedig haar ook aan om aërobiese oefeninge te doen soos touspring en swem of fietsry.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement