advertisement
Question
Posted by: Unhappy ma | 2009/02/16

KIND WORD VERKEERD OPGEVOED

My seuntjie word in Mei maand 3. Hy het regtig '  n willetjie van sy eie. En slaap steeds langs ons in sy kot. Moet my nie stenig nie asb!! My man dwarsboom my met als. Ek weet nie meer watse kant toe nie. Ek is al so raadop en het gister vir my man gesê  ek hoop ek gaan dood voor my kind groot is. Dit was vreeslik van my om te sê  en ek het nie gedink voor ek praat nie. My kind gaan '  n rebel uitdraai as dit nie nou stop gesit word nie. Ek is nie veronderstel om dit oor hom uit te spreek nie, maar ek stres oor die toekoms. Ek stres dat hy by ander mense hulle ook deur die gesig sal klap of op hulle banke sal spring of hulle kinders se goed stukkend sal gooi. My kind aard baie na sy pa, hyt baie min geduld en raak so frustreerd as hy nie dadelik iets regkry nie. En my GROOTSTE euwel in die huis is dat elke vertrek '  n tv het. In ons kamer ook waar hy slaap. Ek probeer die roetine so mooi hou en bad hom na 7de laan en try hom in die bed sit dan moan hy oor "  movie"  kyk. ek wiil nie toegee nie, dan raak hy beserk en sy pa raak ook beserk en ek en hy raak aan die fight, ag wat '  n vieslike vieslike bose kringloop. Ek het sy pa al gesmeek verwyder die tv uit ons kamer maar hy wil nie, en ek het al gevoel ek sal elke liewe dvd in stukke breek. Want hy is boonop kieskeurig oor die goed ook. Hy gaan slaap eers na 11uur in die aand. Hy sal ook nie rus kry as sy pa nie ook in die bed is nie, dan is dit ook die aanhoudende gebitch en gemoan, kom lê  , kom lê  . Ek raas hard en wiks hom soms maar niks help nie. Hy het net sy way en ek is bevrees dit gaan in '  n ramp afstuur as ek nie dringend hulp kry nie. Wat moet ek doen? Ek wil nie net die lelike in my kind raaksien nie. Maar dit is al waaraan ek vasstaar!! My kind wil ook niks met my te doen hê  nie, hy sal my nie mis as ek nie meer daar is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Sounds like the boy is running your household. Arrange, if you can, with someone who has DSTV, to watch some of their brilliant Little Angel or similar parenting programs. Or consult a child psychologist to help you draw up a proper simple list of rules and reactiosn to breaking of the rules, to help him learn simple discipline and good behaviour. But it sounds as though the key problem is your husband's peculiar behaviour and sabotage, and the child won't respect you until he does. So marriage counselling may be the priority. And Maria's advice is excellent

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Lady Man | 2009/02/16

Ek stem 100% saam met Maria. Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.

Reply to Lady Man
Posted by: Maria | 2009/02/16

Jou kinds smag na roetine en grense in sy lewe. Baie liefde en aandag, grense en roetine is wat ' n jong kind nodig het om veilig en tevrede te voel. Jy sal dit aan jou man moet probeer verduidelik want jou seuntjie speel julle nou teen mekaar af en dit is nie in enige iemand se beste belang nie. Sê  vir hom kinders grootmaak is moeilik, maar dis die belangrikste werk wat ' n mens ooit in jou lewe kan doen.

Hou in gedagte dat ' n deel van sy gedrag die normale " terrible twos"  is. Maar soveel te meer moet hy nie toegelaat word om net te doen wat hy wil nie.

Moenie vir ' n oomblik dink jou kind het jou nie nodig nie. Jy is die persoon wat stabiliteit in sy lewetjie verskaf, nie sy pa nie.

Jou seuntjie is ook waarskynlik moeg omdat hy nie genoeg slaap kry nie, en dit beinvloed sy buie en ontwikkeling.

Sterkte.

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement