advertisement
Question
Posted by: Jana | 2011/09/16

Kind wat altyd siek is

Ek het n dogtertjie nou 3 haar mangels is uitgehaal vroeg die jaar maar sy bly siek met loop neus (meeste van tyd groen) en haar borsie het baie slym op. Die dr het gese as die mangels uit is sal sy beter wees maar sy is nie. Ek het al gewonder of sy dalk alergies kan wees vir iets wat dit dan veroorsaak? Ek is raad op sy is 2 keer n maand op antibiotika vandat sy 3 maande oud is. Sy het n asd en anorisme op die hart en versnelde hardklop kan dit die oorsaak wees dat sy so baie siek is? ek is raad op was al by baie dokters!

Help asb dr

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Hello Jana

Ek is nie 'n pediater nie maar volgens kollegas is 'n ASD nie dikwels verantwoordelik vir herhaalde bors infeksies nie. Die versnelde hartspoed is seker die gevolg en nie die oorsaak van die infeksies nie, en ek twyfel of die aneurisme enige rol speel.

Nieteenstaande moet 'n ASD gewoonlik toegemaak word as dit groot is: anders is die volumebelading op die hart 'n probleem vir die hart oor die lang termyn.

My raad is om 'n pediatriese kardioloog te sien vir 'n goeie opinie. Dit sal die moeite werd wees.

Ek hoop dir gaan beter vorentoe met jou dogtertjie.

Groete

JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cardiologist | 2011/09/28

Hello Jana

Ek is nie 'n pediater nie maar volgens kollegas is 'n ASD nie dikwels verantwoordelik vir herhaalde bors infeksies nie. Die versnelde hartspoed is seker die gevolg en nie die oorsaak van die infeksies nie, en ek twyfel of die aneurisme enige rol speel.

Nieteenstaande moet 'n ASD gewoonlik toegemaak word as dit groot is: anders is die volumebelading op die hart 'n probleem vir die hart oor die lang termyn.

My raad is om 'n pediatriese kardioloog te sien vir 'n goeie opinie. Dit sal die moeite werd wees.

Ek hoop dir gaan beter vorentoe met jou dogtertjie.

Groete

JT

Reply to Cardiologist
Posted by: Racoon | 2011/09/27

Jy moet eerder op die Paediatrician se blad hierdie pos.

Reply to Racoon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement