advertisement
Question
Posted by: Tessa | 2010/12/07

Kind se kop jeuk

Hallo Doc,

My seun is 4jaar oud, hy het onlangs begin om sy kop vreeslik te krap, maar as ek kyk kan ek absoluut niks sien nie, geen goggas of skilfers nie. Hy het al sy kop op plekke heeltemal stukkend gekrap. Ons het ook onlangs vir hom hasies en marmotte gekoop, kan dit dalk die probleem wees? Ek het die diere behandel met vlooi poeier.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tessa
hy het dalk 'n droeë kopvel of ekseem - laat jou dokter loer want dalk het hy kortisoon lotion nodig (Betnovate scalp application) Ek twyfel of dit die hasies of marmotte of die vlooi poeier is. Kam ook maar sy kop deur met 'n luis kammetjie - die goed is soms moeilik om te sien en selfs een luis kan hulle vreeslik laat jeuk. Ongelukkig is dit nou maar 'n ding wat ons almal oorkom as die kinders in 'n kleuterskool of skool is. Ek laat altyd my kinders vooroor buk oor 'n wit kussingsloop en kam dan die hare vorentoe deur, dan val enige luise op die kussingsloop en kan mens dit maklik sien. As jy dalk een optel - was met iets soos Lycleer of Gambex maar volg die instruksies mooi op die bottel. Ek hou ook van Paraspray - ek sprei liggies op die hare (hou die gesig toe en spuit nie op die kopvel nie) as daar 'n uitbraak by die skool is ( vra sommer die juffrou of daar dalk kinders in sy klas is met probleme)om te voorkom dat hulle weer besmet raak.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/07

Hallo Tessa
hy het dalk 'n droeë kopvel of ekseem - laat jou dokter loer want dalk het hy kortisoon lotion nodig (Betnovate scalp application) Ek twyfel of dit die hasies of marmotte of die vlooi poeier is. Kam ook maar sy kop deur met 'n luis kammetjie - die goed is soms moeilik om te sien en selfs een luis kan hulle vreeslik laat jeuk. Ongelukkig is dit nou maar 'n ding wat ons almal oorkom as die kinders in 'n kleuterskool of skool is. Ek laat altyd my kinders vooroor buk oor 'n wit kussingsloop en kam dan die hare vorentoe deur, dan val enige luise op die kussingsloop en kan mens dit maklik sien. As jy dalk een optel - was met iets soos Lycleer of Gambex maar volg die instruksies mooi op die bottel. Ek hou ook van Paraspray - ek sprei liggies op die hare (hou die gesig toe en spuit nie op die kopvel nie) as daar 'n uitbraak by die skool is ( vra sommer die juffrou of daar dalk kinders in sy klas is met probleme)om te voorkom dat hulle weer besmet raak.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.