advertisement
Question
Posted by: Challa | 2008/06/03

Q.

Kind het 'n karkaatjie

Hallo Doc,
My seun is 6 jaar oud, hy het vanoggend wakker geword met 'n geswelde oog en het gesê dit is seer, toe ek van nader af bekyk sien ek dit is 'n karkaatjie!! Wat nou? Ek ken niemand wat al een gehad het nie en weet nie wat om te doen nie? Hoe behandel mens dit en wat kan ek doen om die aaklige karkaatjie te laat weg gaan, hy het so 3 maande terug 'n worshondtjie gekry en hy slaap by hom in die bed, kan dit die hond wees wat dit veroorsaak het met 'n gelek of iets?? Help my asb ek wil nie hê die arme kind moet seer kry of hê nie.

Dankie Machel

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Challa
nee dit is nie die arme worshond se skuld nie! Karkatjies word veroorsaak deur 'n kiem Staph aureus wat normaal weg op die vel bly en soms in 'n meibom/ooghaar kliertjie ingaan en infeksie veroorsaak. Kry vir hom Chloromycetin oogsalf om daarop te sit, sit 'n warm waslappie daarop om die kwaad uit te trek. Dit neem omtrent so 5 dae om weg te gaan. As hy dit herhaaldelik kry, kan die Staph konsentrasie op sy vel dalk te hoog wees - dan moet mens maar met antiseptiese seep bad soos Hibiscrub, en moet soms orale antibiotika ook drink.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement