advertisement
Question
Posted by: Anon | 2012-05-29

Kind Gewig

Goeie dag,

My Dogter is 7 jaar oud en ek is bekommerd oor haar gewig, sowel as eetgewoontes.

As sy eers begin eet ou sy nie op nie en sy sal ''n ete eet en dan ''n uur later sal sy se sy is honger?

sy weeg 34 kg en sy is 122 cm lank

is dit te veel vir haar lengte? sy het wel ''n paar vet rolletjies en die kinders by die skool spot haar ook oor haar gewig

wat kan ek doen dat sy gewig verloor? sy spring tou en ry fiets deur die dag

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Best Anon
Jou dogtertjie se BMI = 22,8 wat vir 7-jarige meisies in die obese reikwydte val. Dit is dus uiters belangrik dat jy en jou dogtertjie 'n geregistreerde dieetkundige gaan sien. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir haar 'n dieetvoorskrif moet uitwerk wat haar help om gewig te verloor, maar nie haar natuurlike groei sal belemmer nie. Dit is ook baie belangrik dat oorgewig kinders so aktief as moontlik is - dat hulle aan sport deelneem en elke dag ten minste 30 minute of langer aan fisiese oefening deelneem. Dit sal nogal help as jy saam met haar gaan stap, of fietsry of swem (verhitte swembad!).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-05-30

Best Anon
Jou dogtertjie se BMI = 22,8 wat vir 7-jarige meisies in die obese reikwydte val. Dit is dus uiters belangrik dat jy en jou dogtertjie 'n geregistreerde dieetkundige gaan sien. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir haar 'n dieetvoorskrif moet uitwerk wat haar help om gewig te verloor, maar nie haar natuurlike groei sal belemmer nie. Dit is ook baie belangrik dat oorgewig kinders so aktief as moontlik is - dat hulle aan sport deelneem en elke dag ten minste 30 minute of langer aan fisiese oefening deelneem. Dit sal nogal help as jy saam met haar gaan stap, of fietsry of swem (verhitte swembad!).
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement