advertisement
Question
Posted by: animallover | 2004-04-25

Q.

keuses vir studies

Ek was 'n week terug op 'n toer en was toe na Moholoholo reablitasie sentrum vir beseerde diere ( dis naby Pta). Toe ek sien wat hulle daar doen het ek verseker geweet ek wil ook eendag by so 'n plek werk. Ek is nou in gr 11 so dit raak tyd dat ek moet besluit waar om te studeer en wat. Kan jy my dalk sê watse vakke ek nodig het en moontlike studie rigtings. Wil weet of dit moontlik is om vir dit in Bloemfontein te studeer want dis nader aan ons as Pta. Ek sit in Upington. Help asb!

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberVet

Kontak asb die fakulteit van Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, vir verdere besonderhede. Dit is die enigste veterinere fakulteit in Suid Afrika. Hulle tel nr is 012-5298000.


Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Linda | 2004-04-27

Dit is 'n baie interresante keuse van werk (met diere). As julle dalk 'n veearts of dierekliniek naby julle het kan jy hulle dalk vra vir 'n vakansie of naweekwerk. Of soos die veearts hier by ons doen: hy laat graad 11 en 12 leerlinge inkom op 'n besige dag en hulle kan als van operasies, ultrasounds, steke insit, geboortes ens. sien. Jy sal heel moontlik kan vasstel of jy 'n veearts wil word. Dan is daar natuurlik ook diereverpleegkunde as jy daarin belangstel. Wildbewaring is nog 'n opsie of "Zoology". Die meeste studieinrigtings verkies dat jy Wiskunde, Biologie,Natuurwetenskap moet he. Maar jy kan Pta Universiteit skakel en hulle sal vir jou 'n gids stuur met hierdie verskillende rigtings en vakke wat jy benodig daarin. Dit is regtig 'n wye veld en die nuutste in RSA is Animal Psychology. Hoop ek kon bietjie help!

Reply to Linda

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement