advertisement
Question
Posted by: EKKE | 2008-11-05

KETONE IN URIENE

Hi Doc

Ek volg ' n baie streng dieet. My dogtertjie is ' n tipe 1 diabeet en sy het ketone stokkies om vir ketone te toets. Ek was nuuskierig en het vanoggend my uriene met die stokkies getoets en was verbaas om te sien dat daar baie ketone in my uriene is. Dis mos nie gesond nie? Ek het 6kg in 3 en ' n half weke sover verloor en ek eet net 3 keer ' n dag. Ek eet nie suiker, stysel of vette nie.
Ek eet basies net 3 proteine porsies en 3 groente en 2 vrugte per dag. Ek wonder nou oor die ketone in my uriene? Ek weet my dogtertjie is nie veronderstel om ketone te hê  omdat sy ' n diabeet is en dit ' n slegte teken is, maar ek is nie ' n diabeet nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ekke
Dit is nie goed om ketone in die urine te hê nie, al is jy nie 'n diabeet nie. Die dieet wat jy volg is 'n variasie van die Atkins dieet - hoë-proteïen, hoë-vet (aangesien die meeste dierlike proteïenkosse ook hoog is in vet), en ongeveer 0 koolhidrate. Dit beteken dat jy wel baie gewig sal verloor, maar dat jou liggaam in 'n ketotiese toestand verkeer, soos wanneer jou dogtertjie ketose opdoen en dit is basies gevaarlik. Dis ook hoekom ek nie hou van hierdie diëte nie. Moenie te lank op hierdie dieet bly nie en skakel oor na 'n normale dieet wat al die voedselgroepe bevat.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: j | 2008-11-06

Ekke,
Ek lees op " u health care dot com"  :As jy ketone in jou urine het, mag jy diabeet wees of besig wees om een te word. Jy beter vir jou ook laat toets!
Ek is ook een!
Sterkte

Reply to j

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement