advertisement
Question
Posted by: ME | 2009/03/09

KEFIR

Ek is gediagnoseer met IBS en my dr het aanbeveel dat ek kefir van bokmelk kweek en dit gebruik. Ek gebruik dit nou ongeveer drie weke en ek die simptome is omtrent heeltemal weg. Wat ek graag wil weet is: Ek het effe hoe chlosterol en probeer vet sover moontlik uitsny. Die bokmelk wat ek gebruik is volroom en ek drink so ongeveer 500ml kefir per dag. Wat ek wil weet is of ek te veel vet daardeur inneem wat my sal laat gewig aansit en my cholesterol telling negatief sal beinvloed.
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste ME
Dit is wonderlik om te hoor dat die kefir jou IBS so uitstekend genees. Dit is natuurlik die goeie mikroörganismes in die gefermenteerde bokmelk wat so help, m.a.w. 'natuurlike probiotika'. Volgens die SA Voedseltabelle bevat volroom bokmelk 288 kJ, 4.1 g totale vet, 2.7 g versadigde vet, en 29 mg cholesterol per 100 ml. 500 ml sal dus 1440 kJ, 20,5 g vet, 13,5 g versadigde vet en 145 mg cholesterol verskaf. As jy op 'n lae-vet dieet is vir jou verhoogde cholesterol, behoort jy ongeveer 60-65 g vet per dag in te neem, waarvan slegs 20g versadig mag wees en jy behoort nie meer as 300 mg cholesterol per dag in te neem nie. Die 500 ml bokmelk verskaf dus 'n taamlike hoë persentasie van die toegelate vetinname. Jy het dus 2 opsies: 1) om die bokmelk af te room wat die totale vet, versadigde vet en cholesterol baie gaan verlaag sonder om afbraak te doen aan die goeie eienskappe van die mikroörganismes nie, of 2) jy sal alle ander bronne van vet moet drasties inkort. Wat die energie-inhoud aanbetref, verteenwoordig 500 ml volroom bokmelk 17,1% van jou daaglikse energiebehoefte as jy tans nie op 'n verslankingsdieet is nie. Probeer dus om die bokmelk af te room.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement