advertisement
Question
Posted by: Tania | 2010/08/02

Keel en stem wat weggaan

Beste Dr.

Ek het nog altyd die probleem dat my stembande baie sensitief is, as ek siek is, gaan my stem weg. Onlangs is dit darem nie elke keer die geval nie. Eenmaal was my stem selfs vir drie weke aaneen weg gewees nadat ek siek was, dit voel gewoonlik erg dik in my keel om en by daar waar my sleutelbene by my keel bymekaarkom. Ek het nou die dag gehoor dat mens kanker kan veroorsaak deur warm koffie of tee te drink, wat ek nog altyd gedoen het, maar sedertdien opgehou het en wag dat dit moet koeler word voor ek drink. As ek sou skree soos met ons atletiekbyeenkomste op skool, sou my stem ook weggaan. Nou wonder ek net of ek meer geneig is om kanker te kry agv dit, en of mens dit kan veroorsaak deur bv. hard te skree vir lang periodes, soos by n sportbyeenkoms bv. Ek is nou al 33 jr oud, en dis al baie beter as op skool en tot so vir jaar terug toe my stem sommer baie maklik weggegaan het.

Dankie

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tania
Die stembande het nie verband met die slukderm wat kanker betref nie. Jy het dalk net sensitiewe stembande wat maklik swel as jy siek is of jou stem ooreis. Rook is 'n groot risiko vir stemband kanker maar ek dink nie regtig jy is meer vatbaar vir kanker as die gemiddelde mens omdat jy maklik hees raak nie. MAAR 'n heesheid wat nie weggaan nie moet altyd ondersoek word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/03

Hallo Tania
Die stembande het nie verband met die slukderm wat kanker betref nie. Jy het dalk net sensitiewe stembande wat maklik swel as jy siek is of jou stem ooreis. Rook is 'n groot risiko vir stemband kanker maar ek dink nie regtig jy is meer vatbaar vir kanker as die gemiddelde mens omdat jy maklik hees raak nie. MAAR 'n heesheid wat nie weggaan nie moet altyd ondersoek word.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement